S.T.H. ('n afkorting vir Straight to Hell), ook bekend as The Manhattan Review of Unnatural Acts, is 'n Amerikaanse zine vir gay pornografie en erotiese niefiksie wat deur die pornograaf Boyd McDonald gestig is. Dit publiseer outobiografiese stories van seks tussen mans wat deur die tydskrif se lesers ingestuur word. S.T.H. is in die vroeë 1970's die eerste keer gepubliseer en het 'n invloedryke publikasie in New York se kuns- en kultuursfeer geword. Dit het bekende letterkundige figure soos William S. Burroughs, Allen Ginsberg en Gore Vidal onder sy lesers gehad.

S.T.H.
Redakteur
  • Boyd McDonald (1973-'80's)
  • Victor Weaver (1980's-'89)
  • Billy Miller (1989-tans)
Kategorieë Gay pornografie,
erotiese niefiksie
Frekwensie Ongereeld
Jaar gestig Omstreeks 1973
Eerste uitgawe Vroeë 1970's
Land VSA
Webwerf www.straight-to-hell.com
ISSN 2473-4608

Geskiedenis

wysig

Die presiese datum van S.T.H. se stigting is onbekend, maar die eerste bekende uitgawe, #2, het die datum 1973.[1][2] Die tydskrif verskyn ongereeld, en die eerste uitgawes het nie altyd datums of kopiereg gehad nie. Die tydskrif is gestig deur Boyd McDonald, wat van die vroeë 1970's tot die middel 1980's die redakteur was.[3] McDonald het S.T.H. op die been gebring as 'n tydskrif met stories oor sekservarings wat deur lesers ingestuur is ná die ondervinding wat hy opgedoen het met Skinheads, 'n zine oor voorhuidfetisjisme.[4][5] Hy het beweer hy is geïnspireer om S.T.H. te skep nadat Gore Vidal se karakter Myra Breckenridge in 'n droom aan hom verskyn het.[6]

McDonald het die hele persklaarmaking van die vroeë uitgawes hanteer.[7][8] Drukkerskoste is met sy welsyntjeks betaal, en hy het eenkeer gespot S.T.H. "is die enigte gaysekstydskrif wat deur die Amerikaanse regering befonds word".[5] Op sy hoogtepunt het die tydskrif 'n sirkulasie van 20 000 gehad,[5] en dit het aan McDonald 'n inkomste verseker wat hy op manlike eskorts uitgegee het.[9]

McDonald het in die middel 1980's die redakteurskap van die tydskrif oorgegee aan Victor Weaver en het 'n reeks antologieë begin publiseer wat stories van die tydskrif versamel het; Meat, die eerste volume, het 'n omset van 50 000 gehad.[10] In 1989 het Billy Miller die redakteur van S.T.H. geword, en in 2007 het hy ou uitgawes van die tydskryf digitaal begin beskikbaar stel.[11] S.T.H. #68, die mees onlangse uitgawe, is in 2017 uitgegee met Miller as redakteur.[12]

Inhoud

wysig

S.T.H. bestaan hoofsaaklik uit lesers se bydraes oor hulle seksuele ondervindings. Dit word net vir lengte geredigeer; spel- en taalfoute word net so gelos.[13] McDonald het gesê: "Vir my is mans wat nie leestekens gebruik nie groter pret in die bed as dié wat dit wel gebruik."[14] McDonald het bydraers aangemoedig om Ernest Hemingway en William S. Burroughs te lees en hulle direkte en eenvoudige skryfstyl na te boots.[14] Hy sou dikwels met bydraers korrespondeer en hulle in besonderhede oor hulle seksgewoontes uitvra; dan sou hy hulle antwoorde publiseer.[7]

Die tydskrif het ook pornografiese foto's gepubliseer, wat deur lesers ingestuur is én van ateljees.[15] Onder McDonald was daar artikels met sy kommentaar oor seks, kultuur en politiek, veral wat hy ervaar het as die skynheiligheid van individue en sterre wat nie hulle eie begeertes ten volle aanvaar nie.[16]

Subtitels

wysig

Hoewel die subtitel wat die algemeenste gebruik is, The Manhattan Review of Unnatural Acts is, is 'n ewigdurend veranderende verskeidenheid subtitels gebruik, waarvan sommige 'n parodie op ander publikasies en werke was:[7][11][17]

  • New York Review of Unnatural Acts
  • U.S. Chronicle of Crimes Against Nature
  • The American Journal of Dick Licking
  • New York Review of Cocksucking (New York Review of Books)
  • The Manhattan Review of Cocksucking
  • American Journal of Cocksucking and Current Affairs
  • Archives of the American Academy of Homosexual Research
  • The North American Horndog Reader
  • New Amsterdam Journal of Trade
  • The Manatus Raunch Gazette
  • The Urania Spurting Times
  • Feeled and Creemed
  • Splorch Illustrated (Sports Illustrated)
  • The Official Organ of The Great East Ball Lickers Union – Local 6942
  • W.H.O.R.E. International
  • The Society for the Preservation of Quality Blow Jobs (Society for the Preservation of New England Antiquities)
  • American Journal of Debauchery: Revenge Therapy
  • Sperm Wars (Star Wars)
  • The Rimmer's Digest (Reader's Digest)
  • The Saturday Evening Ass-Licker (Saturday Evening Post)

Nalatenskap en impak

wysig

McDonald het S.T.H. beskryf as beide 'n kunspoging en 'n navorsingswerk, en het gepraat van die belangrikheid daarvan om die lewe van gay mans vas te vang in 'n tydperk van die 1940's tot die 1980's, wat hy beskryf het as die "Golden Age of American Cocksucking".[18] Hy het die tydskrif beskryf as "not for the upward striving middle class but for guys who like to go down";[19] Bernard Welt meen S.T.H. het McDonald se begeerte weerspieël om pornografie met smerigheid te vervang, wat hy beskou het as "seks wat getrou, idiosinkraties en eerlik is".[20]

Onder S.T.H. se lesers het talle bekendes in die kunste en letterkunde getel, en die tydskrif is dikwels deur sy redakteurs "the cumrag of the stars" genoem.[11] Lesers sluit in William S. Burroughs, Allen Ginsberg, Christopher Isherwood, Tennessee Williams, Robert Mapplethorpe, Larry Mitchell, David Sedaris, John Mitzel en Gore Vidal.[3][21][22][11] Vidal het dit eenkeer beskryf as "een van die beste radikale publikasies in die land."[11][22] Die skrywer John Preston het S.T.H. egter gekritiseer en sy lesers "vuil", "morsig", "siek", "pervers" en "aweregs" genoem.[23]

Die tydskrif se partytjies is deur talle bekendes bygewoon.[24][25] In 2008 het die Berlyngebaseerde kunsgalery Exile 'n uitstalling, "Straight To Hell presents: In Cock We Trust" gehou, 'n uitstalling van die tydskrif se materiaal.[26] In 2010 het die White Cubicle Toilet Gallery in Londen ook 'n uitstalling gehou: "Straight to Hell at White Cubicle: An Installation by Jan Wandrag".[27]

Verwysings

wysig
  1. Woodhouse 1998, p. 311.
  2. "STH issue #2 (Reprint)". STH Editions. Besoek op 31 Augustus 2020.
  3. 3,0 3,1 Woodhouse 1998, p. 63.
  4. McDonald & Leyland 1994, pp. 63-64.
  5. 5,0 5,1 5,2 Sheehy, Erin (Spring 2016). "Straight to Hell: On Boyd McDonald". n+1 (25).
  6. Castiglia, Christopher; Reed, Christopher (2011). "Queer Theory is Burning: Sexual Revolution and Traumatic Unremembering". If Memory Serves: Gay Men, AIDS, and the Promise of the Queer Past. University of Minnesota Press. p. 172. ISBN 9780816676101.
  7. 7,0 7,1 7,2 McDonald & Leyland 1994.
  8. Jones 2016, p. 168.
  9. Woodhouse 1998, p. 64.
  10. Jones 2016, p. 6.
  11. 11,0 11,1 11,2 11,3 11,4 Bateman, David (17 Januarie 2007). "Cum-dripping fun: unvarnished true-life sex stories". Daily Xtra. Besoek op 31 Augustus 2020.
  12. Miller, Billy (10 November 2013). "The Wonderful, Sexual World of Bob Mizer". HuffPost. Besoek op 31 Augustus 2020.
  13. Jones 2016, p. 70.
  14. 14,0 14,1 Jones 2016, p. 176.
  15. Jones 2016, p. 178.
  16. Jones 2016, p. 195.
  17. Jones 2016, p. 105.
  18. Woodhouse 1998, p. 70 and 72.
  19. McDonald, Boyd (1983). Flesh. True Homosexual Experiences from S.T.H., Volume 2. Gay Sunshine Press. p. 9. ISBN 978-0917342912.
  20. Welt 1996.
  21. McDonald, Boyd (2015). "Introduction by William E. Jones". Cruising the Movies A Sexual Guide to Oldies on TV. Semiotext(e). pp. 7–35. ISBN 9781584351719.
  22. 22,0 22,1 Monteagudo, Jesse (27 Oktober 2016). "LGBT History Month: Straight to Hell with Boyd McDonald". South Florida Gay News. Besoek op 31 Augustus 2020.
  23. From Preston's review of S.T.H. in Numbers magazine, quoted by McDonald in S.T.H. #46, p. 34.
  24. Speegle, Trey (8 Januarie 2014). "Picture This: Andy Warhol Shot My Dirty T-Shirt". World of Wonder. Besoek op 31 Augustus 2020.
  25. "S.T.H." (53). 1983: 18–19. {{cite journal}}: Cite journal requires |journal= (hulp)
  26. "Straight To Hell presents: In Cock We Trust". Exile Gallery. 4 Februarie 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Februarie 2008. Besoek op 31 Augustus 2020.
  27. "STH: STRAIGHT TO HELL AT WHITE CUBICLE: AN INSTALLATION BY JAN WANDRAG". Bob Mizer Foundation. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 September 2017. Besoek op 31 Augustus 2020.

Bibliografie

wysig

Skakels

wysig