SV Auersmacher
Volledige naam | Sportverein Auersmacher e.V. |
Stigtingsdatum | 15 Julie 1919 |
Tuisveld | Saar Blies-stadion, Kleinblittersdorf |
Kapasiteit | 3 000 |
Kompetisie | Oberliga Suidwes |
SV Auersmacher is 'n sokkerklub uit Kleinblittersdorf in die deelstaat Saarland in Duitsland. Auersmacher is 'n dorpswyk van Kleinblittersdorf.
Die klub is op 15 Julie 1919 gestig as Fußballclub Auersmacher. Op 6 Januarie 1935 het die lede van Arbeiter-SV 1926 Auersmacher en DJK Concordia 1929 Auersmacher by die klub aangesluit, nadat hulle klubs deur die Nazi’s verbied is as arbeidersverenigings. In 1937 is daar met Turnverein 1894 Auersmacher saamgesmelt om VfL Auersmacher te vorm. Na die Tweede Wêreldoorlog is die klub deur die Geallieerdes ontbind, maar dis op 6 April 1946 as SV Auersmacher herstig. In 1948 het 'n groep lede die klub verlaat om SV Sitterswald te stig en op 9 Januarie 1954 het nog 'n groep lede die klub verlaat om Turnverein 1894 Auersmacher te herstig.
Die klub het die hoofrondte van die DFB-Pokal in 1976 en 1980 gehaal. Die grootste prestasie was om die Saarland-Pokal in 1979 te wen.
Onlangse ligaposisionering
wysig
|
|
Verwysings
wysig- Grüne, Hardy (2001). Vereinslexikon. Kassel: AGON Sportverlag ISBN 3-89784-147-9
Eksterne skakels
wysigOberliga Suidwes 2009/10-seisoen | |
SV Auersmacher - SG 06 Betzdorf - SV Elversberg II - BFV Hassia Bingen - Eisbachtaler Sportfreunde - |