SV Seligenporten
Volledige naam | Spielverein Seligenporten e.V. |
Stigtingsdatum | 23 Julie 1949 |
Tuisveld | MAR Arena, Pyrbaum |
Kapasiteit | 5 000 |
Kompetisie | Oberliga Beiere |
SV Seligenporten is 'n sportklub uit Pyrbaum in die deelstaat Beiere in Duitsland. Behalwe sokker, het die klub ook onder meer afdelings vir handbal en ruitersport. Seligenporten is 'n dorpswyk van Pyrbaum wat tot 1970 'n onafhanklike dorp was.
Die klub is op 23 Julie 1949 gestig in die restaurant Mark deur 47 mans van Seligenporten en die buurdorp Rengersricht (vandag ook deel van Pyrbaum), nadat toestemming vanaf die Amerikaanse besettingsmagte verkry is.
Die klubs se grootste prestasie was om die hoofrondte van die DFB-Pokal in die 2007/08-seisoen te haal, waar daar in die eerste rondte met 0-2 teen DSC Arminia Bielefeld vasgeval is voor 3 500 toeskouers.
Onlangse ligaposisionering
wysig
|
|
Eksterne skakels
wysigOberliga Beiere 2009/10-seisoen | |
TSV Aindling - SpVgg Ansbach 09 - 1. FC Bad Kötzting - TSV Buchbach - SpVgg Bayreuth - |