Samesweringsteorie
Hierdie artikel is ingeskryf vir die Skole Skryfkompetisie [1]. | |
As u van plan was om ’n groot wysiging aan hierdie artikel aan te bring, is dit miskien ’n beter idee om dit vir eers op die besprekingsblad voor te stel. Nog inligting hier. |
Hierdie artikel moet skoongemaak word om aan Wikipedia se standaarde te voldoen. Die spesifieke probleem is: Wikiteks en taalversorging. (Vind uit wanneer en hoe om hierdie sjabloonboodskap te verwyder) |
'n Samesweringsteorie, of komplotteorie is 'n uiteensetting van 'n gebeurtenis of situasie wat 'n sameswering oproep deur onheilspellende en kragtige akteurs, dikwels polities van motivering,[1] wanneer ander verduidelikings waarskynliker is.[2] Daar word soms na hierdie wêreldbeskouing verwys as konspirasionisme[3] of, meer gewoonlik, samesweringsdenke.
Die term impliseer dat die beroep op 'n sameswering gebaseer is op vooroordeel of onvoldoende bewyse.[4] Sulke teorieë weerstaan vervalsing en word deur sirkulêre redenering versterk. Bewyse teen die sameswering sowel as 'n afwesigheid van bewyse daarvoor word weer geïnterpreteer as bewys van die waarheid daarvan,[4][5] en die sameswering word 'n saak van geloof eerder as bewys.[6]
Navorsing stel voor dat op 'n sielkundige vlak samesweringsteorieë skadelik of patologies kan wees.[7][8] Die samesweringsteorieë wat eens tot beperkte gehore beperk is, het gereeld in massamedia verskyn en het as 'n kulturele verskynsel van die laat 20ste en vroeë 21ste eeu ontstaan.[9][10][11]
Samesweringsteorie-onderwerpe sluit beroemde sterftes, regeringsaktiwiteite, nuwe tegnologieë, terrorisme en vrae oor buiteaardse lewe in. Voorbeelde van die langste en mees erkende samesweringsteorieë is die moord op John F. Kennedy, die Apollo-maanlandings van 1969, en die terreuraanvalle van 11 September 2001, asook talle teorieë rakende beweerde komplotte vir wêreldoorheersing deur verskillende groepe, beide eg en denkbeeldig.
Die volgende is die WAT se definisie van ’n samesweringsteorie:
“Teorie of hipotese vir iets wat moeilik verklaar kan word of waaroor daar legitieme vrae gevra kan word en waarvolgens sekere groepe, organisasies, regerings, of dergelike aanspreeklik gehou word vir onwettige of skadelike praktyke wat in die geheim beoefen word of beoefen is.”
Dit kan ook as ’n manier gesien word om gebeure wat min mense wil aanvaar te verduidelik. Hierdie verduidelikings is egter somtyds heeltemal sinneloos en word dikwels op meer as een manier verkeerd bewys. Dit kan in sommige gevalle selfs met ’n kultus vergelyk word, omdat die wat dit glo dit blindelings navolg en nie die werklikheid aanvaar nie.
Daar is baie maniere hoe samesweringsteorië ontstaan. Dit volg gewoonlik na gebeure wat baie verwarring veroorsaak. Voorbeelde hiervan is die teorieë rondom die aanvalle op 11 September 2001, die oudpresident John F. Kennedy se sluipmoordaanval en natuurrampe soos tsunami’s, aardbewings en pandemies.
Noudat ons ’n basiese riglyn het van wat ’n samesweringsteorie is, kan ons dieper delf en kyk na voorbeelde van die teorieë en hoe hulle verkeerd bewys of beredeneer is.
Die vervalste maanlandingteorie
wysigOp die 20ste Julie 1969 het mense vir die eerste keer ooit op die maan geland. Dit was die einde van die ruimtewedloop wat een aspek van die koue oorlog tussen die Sowjetunie en die Verenigde State van Amerika (VSA) was. Die VSA het die Apollo 11 tuig met drie ruimtevaarders na die maan gestuur. Neil Armstrong, Buzz Aldrin en Michael Collins was die eerste mense om op die maan te loop en het geskiedenis gemaak. Daar is egter ’n hele klomp mense wat baie, baie skepties is.
Hierdie teorie is deur grootliks Bill Kaysing begin in 1976. Hy het ’n pamflet geskryf getiteld: We never went to the moon: America’s Thirty-Billion-dollar swindle. Die teorieë in hierdie boek gebruik die wetenskap agter vuurpyle as een van sy grootste “bronne”. Die teorie is hoofsaaklik dat alles gesimuleer was. Dit gee baie deeglike teorieë en redes vir die “vervalsing” en stel alles voor as regte navorsing eerder as wat dit werklik was: ’n teorie. Die teorie van die simulasie word deeglik bespreek en ek gaan dit nou volledig uiteensit.
Die boek beweer eerstens dat die National Aeronautics and Space Administration (NASA) en die Defense Intelligence Agency (DIA) saam vergader en besluit het om alle Apollo missies te vervals en simuleer nadat hulle gedink het dat hulle die ruimtewedloop gaan verloor. Die projek is die kodenaam: Apollo Simulation Project (ASP) gegee. Tweedens beweer Kaysing dat die ASP ses hooftake gehad het:
- Geheime, hoë gehalte organisasie en bestuur.
- Uitstekende sekuriteit, wat ook spioenasie en inligting versameling teen die opposisie ingesluit het.
- Geheime verkryging van werknemers.
- Onderlangse ontwerp, vervaardiging, inrigting en gebruik van gespesialiseerde toestelle en masjinerie
- Om fopnuus deur video’s en radiouitsendings te versprei.
- Spesiale projekte en geheime beplanning.
Die pamflet sit dan al hierdie redes volledig uiteen. Die rede waarom Kaysing sê niemand al ooit van die ASP gehoor het nie, is omdat dit in die destyds nuutgestigte DIA opgerig is en dié as ’n vals naam gebruik het. Die volgende is al die afdelings van die DIA en sy verduideliking van wat die ASP (as deel van die DIA) werklik gedoen het.
Die wetenskaplike raad was verantwoordelik om met NASA se ASP lede te kommunikeer.
Die nasionale foto analise groep was verantwoordelik om al die vervalste foto’s van die maan en Apollo missies te skep, insluitend foto’s van die aarde vanaf die maan af.
Die fotografiese afdeling het eintlik voorstellings en nabootsings van die maan gemaak. Hulle moes ook tegnieke kry om dit te laat lyk asof foto’s op die maan geneem is.
Die menslike hulpbronne afdeling was verantwoordelik vir die aanstel van werkers en akteurs insluitend die ruimtemanne en simulasie vervaardigers.
Die stelsel beheer afdeling moes simulasie hardeware ontwikkel en toets.
Die missie koördinasie afdeling was volgens Kaysing se teorie verantwoordelik daarvoor om alle uitsendings i.v.m. die Apollo missies te beheer en reguleer.
Die “Teikens” moes geheime ASP inligting wat die publiek in die hande gekry het verwyder en geheim hou.
Daar was ook ’n afdeling wat moes sorg dat die fotografiese afdeling se voorstellings akkuraat en geloofwaardig was.
Die wetenskap en tegniese intelligensie afdeling sou by NASA inligting bymekaarskraap vir die simulasies en idees gee om dit te verbeter.
Die afdeling verantwoordelik vir kaarte, filmstelle en vervaardiging van valse maanrotse was die kartografie en geodesie afdeling gedoop.
Die afdeling genaamd spesiale projekte was blykbaar in beheer van internasionale handel wat nodig was. Hulle moes byvoorbeeld maanrotse bymekaarmaak uit Idaho.
Die kommunikasie-afdeling moes fopnuus versprei aan die pers en uitsendings uitdink.
Laastens moes die sekuriteitsafdeling seker maak niemand maak die ASP se planne aan die wêreld bekend maak nie.
Kaysing het al die bogenoemde werke van die afdelings van die DIA opgemaak en as bewyse verskaf in sy boek. Kaysing het oorspronklik by ’n maatskappy genaamd Rocketdyne gewerk en het gehelp om die Saturn V vuurpylenjins te ontwerp. Alhoewel die teorie van die vervalste maanlanding al voor sy boek bestaan het, het hy die idee grootliks versprei en vernuwe. Die samesweringsteorie het al baie gegroei van sy boek se publikasie af en baie gewilde mense soos Joe Rogan en Shane Dawson het al hulle geloof in die teorie uitgespreek. Die teorie klink baie deeglik en selfs geloofwaardig, totdat ’n mens dieper grou.
Een van die beste bewyse is eenvoudig deur die kwaliteit van die uitsendings en video’s van die maanlanding te vergelyk met wat selfs die grootste film-maatskappye in 1969 kon doen. Die hoofteorieë is ook lankal verkeerd bewys. Hier volg die vyf hoofteorieë en hoe hulle verkeerd bewys is:
1. Die skaduwees wat nie uit dieselfde rigting uit kom nie (kyk na die foto langsaan) bewys dat stelligte gebruik is.
Professor Anupam Ohja verduidelik dat dieselfde effek op Aarde gesien kan word. Omdat ’n die grond soos ’n twee-dimensionele oppervlakte is en die wêreld rondom ons driedimensioneel is, gaan dit maak dat lyne wat veronderstel is om parallel te wees, nie so lyk nie. ’n Mens kan selfs die effek sien as jy net buitentoe gaan as die son laag in die lug is, nes in die foto.
2. Die Apollo 11 ruimtevaarders sou nie die aarde se radiasie-veld oorleef het nie.
Planeet aarde is omring deur ’n area met gelaaide molekules. Hierdie word die Van Allen radiasie gordel genoem. Hierdie gebied is baie gevaarlik omdat dit energiebelaaide deeltjies bevat wat nie kan ontsnap nie. Die beste manier om hierdie teorie van die gras af te maak is met ’n vergelyking deur dieselfde professor Ohja. Hy sê dit is soos om deur vuur te loop. Al wat jy moet doen, is om vinnig te beweeg. So het jou liggaam nie genoeg tyd om die hitte te gelei nie. Dit is presies hoe die Aldrin en sy spanmaats die Van Allen gordel oorleef het. Hulle het vinnig genoeg beweeg.
3. Waarom is daar geen sterre in die foto’s wat NASA geneem het nie?
Hierdie teorie maak staat op die feit dat daar geen atmosfeer is om die beeld van die sterre te versteur nie. Dus moes daar baie meer sterre as op aarde sigbaar wees. Die verduideliking is egter eenvoudig. Dit was dag toe die foto’s geneem is. Al is die lug swart (juis omdat daar nie ’n atmosfeer is nie) het die son op die kant van die maan geskyn waar ons ruimtevaarders was. Verder kan die werking van kameras ook hierdie teorie verkeerd bewys. As foto’s in ’n goed beligte omgewing geneem word, gaan kleiner ligbronne in die agtergrond moeilik gesien word.
4. Die VSA se vlag wat geplant is kon nie waai nie, as gevolg van die feit dat daar nie wind op die maan is nie.
Almal ken die foto van die Amerikaanse vlag wat “wapper” op die maan. Die vlag wapper egter nie. Dit lyk net asof dit doen. Daar is twee redes hiervoor. Eerstens, die vlag is reguit aangesien daar ’n paal aan die bokant ingesit is om die vlag mooi ten toon te stel. Tweedens is al die kreukels wat op die vlag sigbaar is daar omdat die vlag vir vier dae in ’n ruimteskip opgefrommel was. ’n Baie eenvoudige, maar steeds baie sinvolle verduideliking.
5. As ons rêrig in 1969 op die maan was, waarom het ons nog nie teruggekeer nie?
Vanaf 1972 en Apollo 17 het die mens nog nie na die maan teruggekeer nie. Die rede hieragter is egter hartseer. Die publiek het belangstelling verloor. Die idee dat die ruimtewedloop gewen is, het gemaak dat belangstelling en dus befondsing vir maansendings al minder geraak het. Die regering se prioriteite het ook verander, aangesien die Viëtnamese oorlog uitgebreek het. Dit is die eenvoudige, hartseer rede wat hierdie teorie belaglik maak.
Die Illuminati-teorie
wysigDie Illuminati-teorie is een van die gewildste teorieë en word wydstreeks geglo. Die teorie is dat die hele wêreld, nie deur afsonderlike regerings nie, maar deur ’n klein groepie individue (die Illuminati) beheer word. Mense wat in hierdie teorie glo het al bekende politici en ander prominente gewilde persone aangekla daarvan dat hulle deel van hierdie groep is.
Die Illuminati was egter ’n werklike groep in die laat 1700’s. Adam Weishaupt het die organisasie gestig in 1776. Hy het geglo dat die monargie van die destydse kerk die mens se vrye wil gekniehalter het. Hy wou met sy organisasie idees versprei en “die lig op mense se gedagtes laat skyn.” (Van daar ook die naam: Illuminati, afgelei van “Illumination”) Hy en sy organisasie wou die hiërargie van Europa verander. Hulle wou hê dat die manier waarop dinge regeer word ook moes verander. Hulle het baie geskrifte uitgegee wat die korrupsie in die regering bekend gemaak het. Die groep se getalle het vinnig gegroei, maar Weishaupt se planne is gou in die wiele gery toe Karl Theodor organisasies soos syne onwettig verklaar het in die laat 1780’s. As daar bevind is dat jy deel het in so ’n organisasie, was dit bokveld toe met jou. So het die organisasie stelselmatig ontbind. Die idee van die Illuminati het egter net gegroei.
In die 1960’s het ’n era ontstaan waar die dwelm LSD, vreemde kulture en ’n belangstelling in Oosterse filosofie kwaai kop uitgesteek het. Die skrywer David Bramwell het gesê dat hierdie wending in die samelewing ’n groot bydrae gelewer het in die nuwe idee van die Illuminati. In 1963 het ’n boek getiteld: Principia Discordia verskyn. Die boek het vertel van ’n teoretiese samelewing waar anargisme die oorhand gekry het. Anargisme is ’n samelewing sonder reëls of regerings. Die boek het hierdie ideologie baie voorgestaan en as die ideale leefwyse verkondig. Dit het mense probeer oortuig om deel te word van so ’n samelewing deur leuens te vertel, fisiese grappe te maak en in die algemeen fopnuus te versprei. Die denkwyse het bekendgestaan as Diskordianisme. Robert Anton Wilson was een van die groot aanhangers van die ideologie. Hy het mense aangeraai om dit te beoefen deur halwe waarhede, fopnuus en leuens te versprei op soveel maniere moontlik. Hy het sy volgelinge aangeraai om ’n geheime organisasie genaamd die Illuminati te beskuldig van sameswerings (soos die rondom die JFK sluipmoord). Hy het hierdie idees en teorieë in drie boeke genaamd: The Illuminatus trilogy saamgevat. Die boek is in die toekoms deur baie kultusse bestudeer en gevolg.
Die Illuminati soos ons dit vandag ken (die teorie dat ’n klein organisasie die hele wêreld beheer), het egter eers in die 1990’s behoorlik te voorskyn gekom. Min mense het dit destyds geglo, maar die wie wel die idee liefgekry het, het met die internet se ontstaan baie vinnig hul idees begin versprei.
Die Illuminati-teorie is een van die gewildste samesweringsteorieë in die wêreld. Mense dink dat hulle verantwoordelik is vir groot wêreldgebeurtenisse en in die geheim die mensdom as slawe beheer om hulle wil uit te oefen. Aanhangers hiervan kyk na groot gebeurtenisse en probeer om bewyse daaruit te trek waarmee hulle kan sê dat die teorie waar is. Mense oorontleed enigiets met een van die beweging se “simbole” op, nl. die alwetende piramide, die getal 666, bokke en pentagramme.
Hier volg ’n lys van ’n paar van die mense wie beskuldig is om deel van hierdie organisasie te wees:
- Sean “Diddy” Combs
- Beyoncé
- Jay-Z
- Rihanna
- Madonna
- Donald Trump
- Kim Kardashian
- LeBron James
- David Rockefeller
- Henry Kissinger
- Jacob Rothschild
- Koningin Elizabeth II
- Katy Perry
Nog ’n aspek van hierdie teorie het te doen met die Denver Internasionale lughawe in die VSA. Baie mense dink dat dit die tuiste is van die hedendaagse Illuminati. Een van die redes hiervoor is die vreemde, onortodokse kunswerke en standbeelde in die lughawe. Nog ’n rede is die feit dat die oprig van die gebou baie kontroversieel was, hoofsaaklik omdat dit byna 3 miljard dollar buite die begroting gegaan het. Hulle probeer om nog bewyse te kry deur alternatiewe verduidelikings te gee vir die vreemde dekor en versierings. Hulle sê byvoorbeeld die kuns op die vloer wat die chemiese simbole vir goud (Au) en silwer (Ag) wys, ’n verwysing is na ’n opgemaakte kiem, terwyl dit eintlik verwys na die staat se geskiedenis en myne. Mense dink dat daar ’n ondergrondse basis is direk onder die lughawe. Hulle beweer die bunker is ses verdiepings diep en dat dit óf die saamkomplek van die Illuminati, óf die plek is waar hulle mense wat te veel weet aanhou is.
Daar is egter geen egte bewyse dat hierdie teorie ’n feit is nie.
Gestorwe internetteorie
wysigHierdie is ’n baie nuwe teorie. Dit het die eerste keer op 4chan te voorskyn gekom in 2010, maar het eers aandag begin kry nadat ’n plasing op ’n Agora Road's Macintosh Cafe forum in 2021 verskyn het. Die plasing is gemaak deur ’n anonieme man uit Kalifornië, wat hierdie teorie opreg glo. Die teorie stel dat meeste van die inhoud van die internet nie deur regte mense gemaak is nie. Verder beweer die mense wat hierin glo dat kunsmatige intelligensie meeste plasings oplaai en stelselmatig leer wat kry die meeste kyke, reaksies en dus ook geld. Die robotte laai outomaties nuwe plasings en inligting op en maak hul eienaars net ryker. As ’n mens dieper delf, dink mense dat selfs reaksies en kommentaar deur kunsmatige intelligensie programme bevorder word. Aanhangers van die teorie dink ook dat dié programme gebruik word om mense se menings en oortuigings te verander en besoedel. Volgens aanhangers van die gestorwe internetteorie, het die internet amptelik in 2016 of 2017 gesterf, maar dat ons dit nie destyds agtergekom het nie.
Die oorspronklike skrywer gaan egter vêrder as dit. Hy beweer ook dat hierdie programme verantwoordelik is vir meeste moderne “memes” (Internet grappe). Hy sê dat die vooruitgang van sulke grappies bewyse is dat die programme aktief besig is om te leer en aan te pas by die dinge wat mense snaaks vind en van hou.
Vroeg in Januarie van 2024 het baie mense aanklank gevind by hierdie teorie, toe ’n gebruiker genaamd Odysseas ’n Twitter (nou X) plasing gemaak het waarin hy die toenemende valse rekeninge (Programme wat maak of hulle mense is) op die platform uitgewys het. Hierdie plasing het baie mense herinner aan die oorspronklike plasing op Agora Road's Macintosh Cafe in 2021. Die oorweldigende teenwoordigheid van kunsmatige intelligensie het al hoe duideliker geword en mense het baie ontsteld geraak.
As die teorie waar is, kan dit egter gevaarlik wees. In Australië word sosiale media deur 46% van alle jongmense (18-24 jariges) as hul primêre bron van nuus geag. In die res van die wêreld styg hierdie syfer ook. Dit beteken dat fopnuus baie vinnig versprei kan word as kunsmatige intelligensie die hele internet oorgeneem het.
Die teorie is wel vals. Alhoewel daar baie vals rekeninge is, is dit nog nie op die vlak wat die teorie voorstel nie. Kunsmatige intelligensie is nog nie in staat om werklik goeie, relevante video’s en plasings te skep nie, aangesien dit nog nie die vermoë het om konteks te verstaan nie. Daar is wel dele van die oorspronklike plasing wat waar is. Wat elke individu op die internet sien word deur algoritmes en programme bepaal, maar dit is gedoen om elke persoon se voor- en afkeure te bevredig.
Al is hierdie teorie verkeerd bewys, is dit ’n basis vir ’n baie gewilde uitkykpunt (wat deur baie navorsers soos bv. Jake Renzella gevolg word) na die internet as geheel. Die teorie stel dat die internet nie meer vir mense en deur mense gemaak is nie. Dit herinner ’n mens om nie net alles wat ’n mens sien of lees op die internet te glo nie, maar om ook eie navorsing te doen en dieper te delf. Dit is ’n belangrike gewoonte, omdat die internet gemaak is sodat enigiemand hulle eie idees kan deel. Sommige mense misbruik egter die internet om hul valse idees as die waarheid voor te stel.
Ruimtewesens
wysigLewe wat nie op aarde ontstaan het nie is bekend as ruimtewesens of, in Engels, “aliens”.
Geen buiteaardse lewe is al ontdek nie. Die spekulasie oor wat ons kan verwag van Ruimtewesens is van eensellige organismes tot wesens wat slimmer as mense is.
Die wetenskap agter buiteaardse organismes is genoem astrobiologie.
Die Idee van lewe op ander planete is nie ‘n moderne gedagte nie. Dit het al lank voor Christus ontstaan by mense wie geteoretiseer het dat daar meer as een “wêreld” kan wees.
Baie mense het al vreemde voorstelle gegee oor hoe Ruimtewesens te bestaan gekom het. Willion Vorilong het in die 15de eeu, die moontlikheid besef dat Jesus ook na ander planete toe gegaan het om hulle inwoners te kan verlos. Nicholas van Cusa het in 1440 geskryf dat die Aarde soos die son ‘n briljante ster is soos ander hemelliggame. Hy het ook geteoretiseer dat alle hemelliggame bewoon kon word deur plante, diere en mense. Descartes het geskryf dat daar geen manier is om te bewys dat ander planete nie bewoon is nie, maar hulle bestaan is net spekulasie.
Vanaf die 20ste eeu het wetenskaplikes meer moeite begin doen met die soek van intelligente lewe in die buitenste ruim met behulp van teleskope en seine van radioskottels.
Selfs al is daar geen egte bewyse dat of ruimtewesens rêrig bestaan nie, is die argument dat lewe nie op alle planete kan bestaan nie, ook nie eers bewys kan word nie, selfs met uiterste omstandighede, soos die hitte en giftige atmosfere van ander planete. Daar is ook besonderse omstandighede hier op aarde wat lewe ondersteun, soos areas met hidrotermiese vententilasie, suur warmwaterbronne, en vulkaniese mere. Wetenskaplikes dink dat lewe hier op aarde uit hierdie gevaarlike omstandighede ontstaan het.
Net die idee van buiteaardse organismes het die kulturele wêreld verander, veral in fiksie, wat die publiek se idee en mening verander het van ruimtewesens se ontstaan, voorkoms en optrede.
Die Drake-Vergelyking
Die idee dat daar ‘n oorvloed van lewe binne die heel-al is, is gebaseer op drie hoof standpunte. Eerstens, die grote van die heel-al, wat baie planete met dieselfde bewoonbaarheid as aarde kan bevat. Die ouderdom van die heel-al, wat geleentheid gee vir kolonies om te ontwikkel. Tweede, die feit dat elemente soos water en koolstof wat noodsaaklik is vir lewe byna alomteenwoordig is in die heel-al. Die derde standpunt is dat die fisiese wette universeel is, wat beteken dat die kragte wat die bestaan van lewe sal vergemaklik of voorkom, dieselfde sal wees as op aarde. Volgens hierdie argument, wat deur wetenskaplikes soos Carl Sagan en Stephen Hawking geformuleer is, sou dit onwaarskynlik wees dat lewe nie êrens anders as op aarde bestaan nie. Hierdie argument het gebruik gemaak van die Copernicaanse beginsel, wat bepaal dat die aarde nie 'n unieke posisie in die heelal inneem nie, en die middelmatigheidsbeginsel, wat sê dat daar niks spesiaals aan lewe op aarde is nie.
In 1961, het sterrekundige Frank Drake, die “Drake-vergelyking ontwerp as ‘n manier om gesprekke te begin met die Search for Extraterrestrial Intelligence (SETI). Die Drake vergelyking is ‘n rusie wat gebruik word om die hoeveelheid aktiewe beskawings in ons sterrestelsel uit te werk:
N = R* · Fp · ne · fl · fi · fc · L
Waar:
N = die aantal Melkweg-sterrestelselbeskawings wat reeds in staat is om oor die interplanetêre ruimte te kommunikeer
En
R* = die gemiddelde tempo van stervorming in ons sterrestelsel
fp = die breukdeel van daardie sterre wat planete het
ne = die gemiddelde aantal planete wat potensieel lewe kan ondersteun
fl = die breukdeel van planete wat werklik lewe ondersteun
fi = die breukdeel van planete met lewe wat ontwikkel om intelligente lewe te word (beskawings)
fc = die breukdeel van beskawings wat 'n tegnologie ontwikkel om waarneembare tekens van hul bestaan in die ruimte uit te saai
L = die tydsduur waaroor sulke beskawings waarneembare seine in die ruimte uitstraal
Hierdie is Drake se voorgestelde waardes, maar getalle aan die regterkant van die vergelyking word ooreengekom as spekulatief en oop vir vervanging.
10000 = 5 · 0.5· 2 · 1 · 0.2 · 1 · 10000
Die Drake-vergelyking is onbetroubaar omdat die waardes van die getalle nie bekend was nie. Van die waardes kan eendag gemeet word, ander wat gebaseer is op sosiale wetenskappe is onmoontlik om natuurlik te bereken. Hierdie maak die vergelyking onbruikbaar vir enigiemand wat dit nuttig wil maak.
Die teenstrydigheid van die hoë kans dat Ruimtewesens bestaan maar die gebrek van bewyse daarvan is bekend as die Fermi-paradoks. Zhi-Wei Wang en Samuel L. Braunstein stel voor dat ‘n heel-al wat die vermoë het om lewe te kan ondersteun ook heel moontlik net baie skaars dit regkry, wat die Fermi-paradoks ‘n antwoord gee.
Tropiese eiland teorie
Die Fermi-paradoks verwys na die teenstrydigheid tussen die hoë waarskynlikheid dat buiteaardse intelligensie bestaan en die gebrek aan bewyse vir die bestaan daarvan.
Oseanië is 'n streek met tienduisende eilande wat oor miljoene vierkante kilometer versprei is, geskei deur 'n onvergewensgesinde, dodelike see. Soortgelyk aan die heelal. Die nedersettings op die Oseaniese eilande is ‘n onderwerp vir ‘n ander dag. Wetenskaplikes weet nie presies teen watse tye mense hulself daar ingerig het en weggetrek het nie. As gevolg van die gebrek van inligting het wetenskaplikes begin om genomiese navorsing te gebruik om die aktiwiteit van die eilande te bepaal. Op van die eilande is daar slegs ’n paar bome, terwyl ander weer baie gevaarlik is. Net so, al is daar duisende eilande in die omgewing is daar net op sommige permanent gebou. Nadat tyd verby gegaan het, was ruilhandel tussen hierdie eilande wat te vêr was, verwyder. Dit was nie meer die moeite werd om in kontak met hierdie kolonies te bly nie en hulle het later uitgesterf of getrek. Dit bring ons terug na ruimtewesens en planeet Aarde. Lewe in ons sterrestelsel mag volop wees, maar tussen hulle en ons is hope gevaarlike planete en sterre wat nie bewoonbaar is nie. Net so sal ruimtewesens nooit so vêr gaan soos ons planeet nie, aangesien ons vir hulle onsigbaar is. Selfs al weet hulle van ons bestaan, sou hulle nie met ons kontak kan hou nie, as gevolg van die afstand.
Die groot filter
’n Groot vraag wat by ’n mens opkom as jy dink oor hierdie saak, is waarom ons hulle nog nie ontdek het of andersom nie. Een teorie hieroor word die Groot Filter teorie genoem. Die teorie is dat ons nog nie ruimtewesens ontdek het nie, omdat daar iets is wat meeste lewe in ’n sekere stadium van ontwikkeling uitwis. Dit kan enigiets wees. Ons kan al verby dit wees, of ons kan nog op pad wees daarheen. Die YouTube-kanaal Kurzgesagt – In a nutshell vergelyk dit met ’n stel trappe wat elle lewende spesies in die heelal moet klim. Die stel trappe, is die trappe van ontwikkeling. Êrens op die stel trappe is daar iets wat lewe keer om voort te gaan. Dit kan iets wees soos ’n oorlog wat alles uitwis, of ’n pandemie, of oorbevolking – enigiets. Dit word die Groot Filter genoem. Dit is dieselfde vir alle lewende spesies en gebeur op dieselfde stadium van ontwikkeling. As ons nog voor hierdie filter is, gaan ons waarskynlik iewers in die toekoms uitgewis word daardeur. As ons verby die filter is, beteken dit dat ons baie gelukkig en spesiaal is. Dit beteken wel dat daar baie min spesies is wat deur die filter kom. Dit beteken dat ons so te sê of alleen, of na ’n rukkie alleen sal wees in die heelal.
David Wallace-Wells het geskryf in die New York Times Magazine dat beskawings wat ontstaan te vinnig uitsterf voordat hulle ooit die ruimte kon verken, net soos hoe ons planeet besig is om dood te gaan van industrialisasie en gierigheid. Verder is gesê dat ons nou eers aan die begin van die uitsterwing proses is en dat klimaatverandering nou eers begin het. Navorsing wys dat spesies wie vinniger voortplant en ‘n meer diverse dieet het, het ‘n groter kans om by klimaat verandering aan te pas. Mense is die teenoorgestelde van hierdie beskrywing en dit maak ons meer kwesbaar vir klimaatverandering.
Oxford-neurowetenskaplike Anders Sandberg, lid van die Astronomiese Sterrewag van Belgrado, Milan Ćirković, en kunsmatige intelligensie (KI) kenner Stuart Armstrong het voorgestel dat ruimtewesens nie uitgesterf het nie, maar in “winterslaap” is en wag vir die heelal om “af te koel”.
Professor Zaza Osmanov van die Vrye Universiteit van Tbilisi glo dat ons soek na tekens van megastrukture in die ruimte nog beloon moet word omdat ons rondom sterre kyk wanneer ons om pulsars moet kyk. En fisikus Brian Cox stel nog 'n moontlikheid voor; 'n waarskuwingsverhaal vir ons eie beskawing sowel as enige ander."Dit kan wees dat die groei van wetenskap en ingenieurswese onvermydelik die ontwikkeling van politieke kundigheid oortref, wat tot rampspoed lei," sê Cox.As intelligente lewe homself onwetend uitsterf sodra dit voldoende vorder, glo die fisikus, "kan ons daardie posisie nader."
Na aanleiding van ‘n artikel wat gepubliseer is deur die BBC, is Area 51 geleë in die omgewing van Nevada in die Verenigde State van Amerika. Die basis is op ‘n droë meer geleë, Groom Lake, in die Nevada Woestyn. Dit is onwettig om oor die area te vlieg, met ander woorde niemand weet verseker wat daar aan gaan nie. Area 51 word streng bewaak deur gewapende wagte, kameras en ‘n heining wat met duidelike waarskuwings tekens gemerk.Bo en behalwe dat dit geleë is in die middel van ‘n woestein, in ‘n droeë meer, is Area 51 ook tussen 2 hoogs beperkte Amerikaanse militêre areas, die Nevada Test Site, waar daar tussen 1950-1990 Kern Wapens getoets was en dan ook die Nevada Toets en Opleidings basis. Die hele area is om en by 11 735 vierkante kilometer groot ..
Die gebied is nie net bekend vir sy hoogs gespesialiseerde opleiding en toetse nie, maar ook vir die vreemde besoekers wat daar gewaar word. Daar is veskeie samesweringsteorie wat beweer dat ruimtewesens die area gereeld besoek.
Sersant Wayne Anderson het in 1959 ‘n VVV, Vreemde Vlieende Voorwerp, gewaar en sy storie aan die Reno Evening Gazette vertel onder die titel “More Flying Objects Seen In Clark Sky”. Sersant Anderson het die VVV beskryf as ‘n helder groenkleurige lig wat afwaards beweeg het na die aarde se oppervlak. Die spoed was vinniger as ‘n vliegtuig. In die artikel word dit ook genoem dat 2 ander gewarings ook rondom die selfde tyd plaaasgevid het.
Robert Lazar van BBC het beweer dat hy deel was van die span wat die Ruimtewesens se tegnologie ondersoek het. Hy het ook fotos gesien van ruimtewesens tydens ‘n lykopening in 1989.
Vox.com het die volgende gepubliseer op 19/09/2019, “Area 51 and aliens: the myth, the meme, and the strange reality, explained”, gskryf deur Alex Ward en Aja Romano.
In die artikel skryf hulle dat dit reeds, teen die tyd van die publisering, 30 jaar is sedert die eerste VVV gesien is. Dit is in Area 51 waar die Amerikaanse weermag, deur middel van “reverse-engineering” die buiteruimtelike tegnologie ondersoek het en aangepas het om te gebruik tot hul eie voordeel. Mense is tot stilswye gedwing deur die ondertekening van kontrakte en dreigemente. Maar fluitjieblasers soos Bob Lazar het in 1989 die stilte verbreek tydens ‘n onderhoud met ‘n nuusstasie genaamd KLAS, en gesê dat Area 51 eintlik opgerig is met die uitsluitlike doel om ruimtewesens te vang en te bestudeer. Hy het ook beweer dat ruimtewesens het selfs gehelp met die ontwerp en oprigting van die plek. Daar is egter bespiegeling dat Lazar sy opleiding aan MIT en CalTech vervals het en dat hy eintlik net ‘n foto en film ontwikkelaar was.
Plat Aarde
wysigDie teorie oor die Plat Aarde is 'n argaïese en wetenskaplik verkeerd-bewysde opvatting van die Aarde se vorm as 'n plat oppervlak of skyf. Baie antieke kulture het ingeteken op 'n plat-aarde-kosmografie, veral “dié naby aan Oosterse kosmologie. Die teorie het onlangs herlewing gekry as 'n samesweringsteorie.
Die idee van 'n sferiese Aarde verskyn in die antieke Griekse filosofie met Pythagoras (6de eeu v.C). Die meeste pre-Sokratici (6de–5de eeu v.C.) het egter die plat-aarde-model behou. In die vroeë 4de eeu v.C. het Plato oor 'n sferiese aarde geskryf. Teen ongeveer 330 v.C. het sy destydse student, Aristoteles sterk bewyse vir 'n sferiese aarde gegee. Kennis van die aarde se vorm het geleidelik buite die destyds bekende wêreld begin versprei. Teen die vroeë tydperk van die Christelike kerk, was die sferiese Aarde heeltemal erken as die vorm van die aarde, met 'n paar noemenswaardige uitsonderings. Daarteenoor beskryf antieke Chinese geleerdes die aarde gereeld as plat, en hierdie wanpersepsie het onveranderd gebly totdat hulle ontmoetings met Jesuïete sendelinge in die 17de eeu.
Tradisionalistiese Moslem-geleerdes het volgehou dat die aarde plat is, hoewel in die 9de eeu was die Moslem-geleerdes geneig om in ‘n sferiese Aarde te glo. Ten spyte van die wetenskaplike feite en ooglopende gevolge van die aarde se sfeervormigheid, duur pseudowetenskaplike plat-aarde-samesweringsteorieë voort, en op die laatste vanaf die 2010's het gelowiges in 'n plat aarde opgegaan, beide as lidmaatskap van moderne plat aarde-samelewings, en as nie-geaffilieerde individue wat sosiale media gebruik. In 'n studie van 2018 waaroor Scientific American gerapporteer is, het slegs 82% van die 18 tot 24-jarige Amerikaanse respondente saamgestem met die stelling "Ek het nog altyd geglo die wêreld is rond". 'n Vaste geloof in 'n plat aarde is egter skaars, met minder as 2% aanvaarding in alle ouderdomsgroepe.
Dit is 'n mite dat Middeleeuse Europeërs van mening was dat die aarde plat was. Hierdie mite is in die 17de eeu deur Protestante geskep om teen Katolieke leerstellings te stry.
In die moderne era het die pseudowetenskaplike geloof in 'n plat aarde ontstaan by die Engelse skrywer, Samuel Rowbotham met die pamflet Zetetic Astronomy uit 1849. Lady Elizabeth Blount het die Universal Zetetic Society in 1893 gestig, wat tydskrifte gepubliseer het. In 1956 het Samuel Shenton die International Flat Earth Research Society, beter bekend as die "Flat Earth Society" in Dover, Engeland, gestig as 'n direkte afstammeling van die Universal Zetetic Society.
In die internet-era het die beskikbaarheid van kommunikasietegnologie en sosiale media soos YouTube, Facebook en Twitter (nou X) dit maklik gemaak vir individue, beroemd of nie, om disinformasie te versprei en ander na foutiewe idees te lok, insluitend dié van die plat aarde.
Moderne ondersteuners van 'n plat aarde staar oorweldigende publiek toeganklike bewyse van die aarde se sfeervormigheid in die gesig. Hulle moet ook verduidelik waarom regerings, media, skole, wetenskaplikes, landmeters, lugrederye en ander organisasies aanvaar dat die wêreld bolvormig is. Om hierdie spanning te bevredig en hul oortuigings uit te leef, omhels hulle oor die algemeen een of ander vorm van samesweringsteorieë. Daarbenewens is hulle geneig om nie waarnemings te vertrou wat hulle nie self gemaak het nie.
In 1956 met die stigting van die “Flat Earth Society”, deur Samual Shenton, is dit oorgevat deur die afgetrede vliegtuigwerktuigkundige Charles K. Johnson in 1972. Johnson, wie gefunksioneer het as die president van die Flat Earth Society het ‘n groot hoeveelheid valse inligting versprei, wat nou selfs algemeen buite die Plat Aarde gemeenskap as waarheid aanvaar word. Byvoorbeeld dat die Apollo maan landing vervals is en dat ons na die Aarde moet kyk as Christene en besef dat die Aarde ‘n vlak is.
Johnson het met hierdie stelling sy eie kennis in kosmologie, geskiedenis en teologie verkeerd bewys omdat orthodokse Christene al vanaf die 5de eeu geglo het dat die Aarde sferies is. Jeffrey Burton Russell van die universiteit van California het gestry dat baie min mense na die 3rde eeu geglo het dat die wêreld plat is. Veral uit die Westelike halfrond. Hierdie gaan direk teen die stelling wat ook gebruik word in die samesweringsteorie dat mense in die Middeleeuse tye gedink het die Aarde is plat.
Dit beteken natuurlik dan nie dat niemand geglo het dat die aarde plat is in die Middeleeue nie. Dit beteken ook nie dat niemand dit vandag glo nie.
Mohammed Yusuf, die stigter van Boko Haram, het beroemd beweer dat hy nie glo in 'n hele reeks moderne idees nie. Hy het gedink dit is in stryd met sy Islam geloof – insluitend die sferiese vorm van die aarde.
Een eksperiment wat die aarde se bolvormigheid probeer bewys is die volgende:
‘n Persoon van 5 voet en 11 duim kan die grond sien tot en met 4.79 kilometer.
‘n Persoon wie op die Eiffel Toring staan wat 273 meter lank is, kan die grond sien tot en met 58.98 kilometer weg
Hierdie verskynsel bewys vir ons dat die Aarde konveks is. As die kurwe van die Aarde oral dieselfde is, en die oppervlakte was groot genoeg, is dit bewyse dat die Aarde sferies is. Hierdie metode is onbetroubaar omdat die Aarde se atmosfeer die lig wat daardeur beweeg buig, dan lyk die Aarde platter as wat dit regtig is.
Die Maan se getyslot na die aarde lei daartoe dat die maan altyd dieslefde kant na die sarde wys. As die aarde plat was, en die maan daarbo gesweef het, sou die gedeelte van die maan se oppervlak wat vir mense op aarde sigbaar is, verskil volgens ligging op aarde, eerder as om 'n identiese "gesigkant" vir almal te wys. As die aarde plat was, met die maan wat om hom draai, sou die maan gelyktydig op alle plekke op aarde gelyktydig gesien word, maar sy oënskynlike grootte, die gedeelte wat na die persoon kyk, en die oriëntasie van die kant sou geleidelik vir elke persoon wie kyk verander afhangende van hoe sy posisie deur die loop van die nag deur die lug beweeg het.
Chemiese spore
wysigDie laaste voorbeeld waarna ons gaan kyk, is die volgende teorie. Soos wat vliegtuie vlieg, is daar lang spore wat agter gelaat word, dit bestaan uit waterdamp wat vinnig verdwyn. Pseudo-wetenskaplikes beweer dat daar ‘n vreesaanjaende geheim agter hierdie spore lê. Hulle verklaar dat daar chemikalieë in hierdie spore is en die regering wil ons atmosfeer besoedel met die chemikalieë. Daar is nie ‘n spesifieke rede daaragter nie en die rede hoekom daar chemikalieë in die water damp spore is, word nie gespesifiseer deur mense wie in hierdie teorie glo nie. Dit kan vir biologiese oorlogvoering gebruik word, bevolkings behering, of om met die weer te peuter. Wetenskaplikes wie wolke bestudeer word gereeld aangeval deur mense wie in chemiese spore glo. Hulle dink die wetenskaplikes werk saam met die regering om chemikalieë te versprei en om die proses van die publiek af weg te steek. Volgens Harvard Universiteit se David Keith, het hy in ‘n 2016 studie self hierdie bewerings wetenskaplik verkeerd bewys. Hy het geen ongewone bestanddele of onbepaalde besoedeling gevind nie. Die chemtrail gelowiges se mening is nie verander nie deur sy ondervindings nie.
Voorbeelde van ander samesweringsteorieë
wysig- Teorieë rondom die 9/11 aanvalle
- Prinses Diana se moord
- Advertering wat die onderbewussyn teiken
- Paul McCartney se dood
- John F Kennedy se sluipmoord
- Die Roswell ongeluk
- Die protokol van die Sion ouderlinge
- Die satanistiese paniek van die 1980’s
- Barack Obama “Birtherism”
- Sameswerings rondom COVID-19
- Sameswerings rondom 5G Internet
- Voëls bestaan nie
- Reptiel-mense beheer die VSA
- Dokters steek noodsaaklike medisyne weg om geld te maak
- Taylor swift werk saam met die NFL
- Avril Lavigne is eintlik dood en word net nageaap
- Die Holocaust het nie gebeur nie
- Ruimtewesens het die piramiedes van Egipte gebou
- Mount Rushmore berg regeringsgeheime
Slot
wysigSamesweringsteorieë is gewoonlik vals. Dit is wel interessant om te kyk na verskillende mense se sienings oor die wêreld en sy inwoners. Die impak wat hierdie teorieë op die samelewing het, kan wissel van onskuldige grappies daaroor, tot kultusse wat ontstaan en tot leefwyses ontwikkel. Dit is gevaarlik om onder die invloed van ’n verkeerde idee te kom en daar moet dus dieper gedelf en meer nagevors word voordat ’n mens iets blindelings glo.
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ Goertzel, T (Desember 1994). "Geloof in samesweringsteorieë". Political Psychology (in Engels). 15 (4): 731–742. doi:10.2307/3791630. JSTOR 3791630. "verduidelikings vir belangrike gebeure wat geheime komplotte deur kragtige en kwaadwillige groepe behels"
- ↑
Aaronovitch, David (2009). Voodoo-geskiedenise: Die rol van samesweringsteorieë in die vorming van moderne geskiedenis (in Engels). Jonathan Cape. p. 253. ISBN 9780224074704. Besoek op 28 Augustus 2019.
Dit is die stelling van hierdie boek dat samesweringsteoretici nie die beginsel van Ockham se skeermes op hul argumente toepas nie.
- ↑ Universalis, Encyclopædia. "CONSPIRATIONNISME". Encyclopædia Universalis (in Frans). Besoek op 9 November 2020.
- ↑ 4,0 4,1 Byford, Jovan (2011). Samesweringsteorieë: 'n kritiese inleiding (in Engels). Houndmills, Basingstoke, Hampshire: Palgrave Macmillan. ISBN 9780230349216. OCLC 802867724.
- ↑ Keeley, Brian L. (Maart 1999). "Van samesweringsteorieë". The Journal of Philosophy (in Engels). 96 (3): 109–126. doi:10.2307/2564659. JSTOR 2564659.
- ↑ Barkun, Michael (2011). Fantasies agtervolg: realiteit, verbeelding en binnelandse sekuriteit sedert 9/11 (in Engels). Chapel Hill: University of North Carolina Press. p. 10.
- ↑
Freeman, Daniel (29 Maart 2017). "Die gepaardgaande van sameswering-kommer". Social Psychiatry and Psychiatric Epidemiology (in Engels). 52 (5): 595–604. doi:10.1007/s00127-017-1354-4. ISSN 0933-7954. PMC 5423964. PMID 28352955.
{{cite journal}}
: Onbekende parameter|coauthors=
geïgnoreer (hulp) - ↑
Barron, D. (November 2014). "Assosiasies tussen skisotipie en geloof in sameswerende idee". Personality and Individual Differences (in Engels). 70: 156–159. doi:10.1016/j.paid.2014.06.040.
{{cite journal}}
: Onbekende parameter|coauthors=
geïgnoreer (hulp) - ↑ Camp, Gregory S. (1997). Verkoop van vrees: Samesweringsteorieë en eintyd-paranoia (in Engels). Commish Walsh. ASIN B000J0N8NC.
- ↑ Goldberg, Robert Alan (2001). Vyande binne: Die kultuur van sameswering in die moderne Amerika (in Engels). Yale University Press. ISBN 978-0-300-09000-0.
- ↑ Fenster, Mark (2008). Samesweringsteorieë: Geheimhouding en mag in die Amerikaanse kultuur (in Engels). University of Minnesota Press; 2nd edition. ISBN 978-0-8166-5494-9.
Bronnelys
wysig- Alder, D., 2023. Astronomy.com. [Online] Available at: https://www.astronomy.com/science/the-great-filter-a-possible-solution-to-the-fermi-paradox/ [Accessed 10 Oktober 2024].
- Anon, N/A. National Geographic Kids. [Online] Available at: https://kids.nationalgeographic.com/history/article/moon-landing [Accessed 21 Oktober 2024].
- Anon, N/A. RMG. [Online] Available at: https://www.rmg.co.uk/stories/topics/moon-landing-conspiracy-theories-debunked [Accessed 21 Oktober 2024].
- Di Placido, D., 2024. Forbes. [Online] Available at: https://www.forbes.com/sites/danidiplacido/2024/01/16/the-dead-internet-theory-explained/ [Accessed 21 Oktober 2024].
- Kaysing, B, 1976. We never went to the moon. N/A ed. Pomeroy: N/A. Kelly, F., 2024. TheWeek. [Online] Available at: https://theweek.com/62399/what-is-the-illuminati-and-what-does-it-control [Accessed 21 Oktober 2024].
- Latifi, F. C. A., 2022. Teen Vogue. [Online] Available at: https://www.teenvogue.com/story/most-popular-conspiracy-theories [Accessed 21 Oktober 2024].
- Pappas, S. R. B., 2024. Livescience. [Online] Available at: https://www.livescience.com/11375-top-ten-conspiracy-theories.html#section-moon-landing-hoax [Accessed 21 Oktober 2024].
- Reid, S. A., 2024. Britannica. [Online] Available at: https://www.britannica.com/topic/conspiracy-theory#ref333998 [Accessed 21 Oktober 2024].
- Renzella, J. R. V., 2024. UNSW. [Online] Available at: https://www.unsw.edu.au/newsroom/news/2024/05/-the-dead-internet-theory-makes-eerie-claims-about-an-ai-run-web-the-truth-is-more-sinister [Accessed 21 Oktober 2024].
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Samesweringsteorieë.