Gewone taaibos
plantspesie
(Aangestuur vanaf Searsia pyroides)
Die gewone taaibos (Searsia pyroides), voorheen Rhus pyroides, is 'n boom wat feitlik reg oor Suid-Afrika voorkom behalwe die Noord- en Wes-Kaap. Die spesie kom ook in Botswana, Burundi, Demokratiese Republiek die Kongo, Eswatini, Ethiopië, Kameroen, Kenia, Lesotho, Malawi, Mosambiek, Namibië, Rwanda, Soedan, Soedan, Tanzanië, Tsjad, Uganda, Zambië en Zimbabwe voor.
Gewone taaibos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | S. pyroides
|
Binomiale naam | |
Searsia pyroides (Burch.) Moffett, (2007)
| |
Sinonieme | |
|
Die boom groei in 'n groot variëteit van habitats. Dorings is soms teenwoordig. Klein ronde vruggies word deur verskeie voëls geëet, o.a. spreeus, tiptolle, fisante en houtkappers. Ruspes van sommige skoenlapperspesies lewe op die bome.
Die spesie het vier subspesies:
- Searsia pyroides var. dinteri (Engl.) Moffett
- Searsia pyroides var. gracilis (Engl.) Moffett
- Searsia pyroides var. integrifolia (Engl.) Moffett
- Searsia pyroides var. pyroides
Die boom se Engelse naam is common currant-rhus en sy FSA-nommer 392.[1]
Sien ook
wysigVerwysings
wysigBronne
wysig- Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. ISBN 1-86872-527-8
- REDLIST Sanbi
- Plants of the World Online