Senzo Mchunu
Edward Senzo Mchunu is 'n lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika en sedert Julie 2024 die die dienende Minister van Polisie.[1] Hy was tot Junie 2024 die Minister van Water en Sanitasie in die kabinet van President Cyril Ramaphosa. Hy was voorheen die Minister van Staatsdiens en Administrasie, en het van 22 Augustus 2013 tot 23 Mei 2016 as die Premier van KwaZulu-Natal gedien.[2][3] Hy is 'n lid van die African National Congress en 'n voormalige provinsiale voorsitter van die party in KwaZulu-Natal.
Edward Senzo Mchunu | |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 5 Augustus 2021 | |
President | Cyril Ramaphosa |
---|---|
Voorafgegaan deur | Lindiwe Sisulu insluitend menslike nedersettings |
Minister van Staatsdiens en Administrasie
| |
Ampstermyn 30 Mei 2019 – 4 Augustus 2021 | |
President | Cyril Ramaphosa |
Voorafgegaan deur | Ayanda Dlodlo |
Opgevolg deur | Ayanda Dlodlo |
Ampstermyn 22 Augustus 2013 – 23 Mei 2016 | |
Voorafgegaan deur | Zweli Mkhize |
Opgevolg deur | Willies Mchunu |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 21 April 1958 eNhlwathi, Hlabisa, Natal |
Nasionaliteit | Suid-Afrikaner |
Politieke party | African National Congress |
Mchunu is op 21 April 1958 te eNhlwathi gebore, in die gebied van Hlabisa in die noorde van Natal. Hy studeer aan die Universiteit van Zoeloeland en die Universiteit van Suid-Afrika, en behaal 'n BA-graad in Opvoedkunde en Internasionale Betrekkinge. Hy hou hierna sedert 1985 skool, maar verlaat die onderwys in 1991 om 'n voltydse politikus te word.[4]
Verwysings
wysig- ↑ "Meet the new cabinet". sowetanlive.co.za. Besoek op 30 Junie 2024.
- ↑ "Zweli Mkhize resigns as KZN premier" (in Engels). News24. SAPA. 22 Augustus 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Desember 2018. Besoek op 2 April 2014.
- ↑ "Senzo Mchunu elected new KZN premier" (in Engels). News24. SAPA. 26 September 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Desember 2018. Besoek op 2 April 2014.
- ↑ Suleman, Mohamed (26 September 2013). "The Honourable Premier of KZN". Office of the Premier, KwaZulu-Natal. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 April 2014. Besoek op 2 April 2014.
Politieke poste | ||
---|---|---|
Voorafgegaan deur Ayanda Dlodlo |
Minister van Staatsdiens en Administrasie 30 Mei 2019 – |
Opgevolg deur Dienend |
Voorafgegaan deur Zweli Mkhize |
Premier van KwaZulu-Natal 22 Augustus 2013 – 24 Mei 2016 |
Opgevolg deur Willies Mchunu |