Kabinet van Cyril Ramaphosa, Mei 2019
| |
Tweede kabinet van Cyril Ramaphosa | |
President (party): Cyril Ramaphosa (ANC) | |
Periode: Mei 2019 – 30 Junie 2024 Republiek van Suid-Afrika |
Hierdie kabinet was President Cyril Ramaphosa se tweede, verkleinde kabinet[1][2][3] wat op 30 Mei 2019 ingehuldig is. President Ramaphosa het sy kabinet op 5 Augustus 2021 geskommel, met 10 verskuiwings of nuwe ministersaanstellings, asook 'n aantal nuwe adjunkministers.
Die kabinet het tot einde Junie 2024 gedien, waarna dit met die derde kabinet van Cyril Ramaphosa vervang is.
Legende | |
---|---|
African National Congress | |
Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party | |
Good politieke party |
Kabinetsministers
wysigPos | Minister | Termyn | Party | ||
---|---|---|---|---|---|
President van Suid-Afrika | Sy Eksellensie Cyril Ramaphosa | 2018 | huidig | ANC | |
Adjunkpresident van Suid-Afrika | Sy Eksellensie David Mabuza Sy Eksellensie Paul Mashatile |
2018 2023 |
2023 huidig |
ANC | |
Minister in die Presidensie | Die agb. Jackson Mthembu LP Die agb. Mondli Gungubele Die agb. Khumbudzo Ntshavheni |
2018 2021 2023 |
2021 2023 – |
ANC | |
Minister in die Presidensie vir Elektrisiteit | Die agb. Kgosientso Ramokgopa | 2023 | – | ANC | |
Minister in die Presidensie vir Beplanning, Monitering en Evaluasie | Die agb. Maropene Ramokgopa | 2023 | – | ANC | |
Minister van Basiese Onderwys | Die agb. Angie Motshekga LP | 2009 | – | ANC | |
Minister van Binnelandse Sake | Die agb. Aaron Motsoaledi LP | 2019 | – | ANC | |
Minister van Finansies | Die agb.Tito Mboweni Die agb. Enoch Godongwana |
2018 2021 |
2021 – |
ANC | |
Minister van Gesondheid | Die agb. Zweli Mkhize LP Die agb. Joe Phaahla |
2019 2021 |
2021 – |
ANC | |
Minister van Handel, Nywerheid en Mededinging | Die agb. Ebrahim Patel LP | 2019 | – | ANC | |
Minister van Hoër Onderwys, Wetenskap en Tegnologie | Die agb. Blade Nzimande LP | 2019 | – | SAKP | |
Minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking | Die agb. Naledi Pandor LP | 2019 | – | ANC | |
Minister van Justisie en Korrektiewe Dienste | Die agb. Ronald Lamola LP | 2019 | – | ANC | |
Minister van Kleinsake-ontwikkeling | Die agb. Khumbudzo Ntshavheni LP Die agb. Stella Ndabeni-Abrahams |
2019 2021 |
2021 – |
ANC | |
Minister van Kommunikasie en digitale tegnologieë | Die agb. Stella Ndabeni-Abrahams LP Die agb. Khumbudzo Ntshavheni Die agb. Mondli Gungubele |
2019 2021 2023 |
2021 2023 – |
ANC | |
Minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling | Die agb. Thoko Didiza LP | 2019 | – | ANC | |
Minister van Maatskaplike Ontwikkeling | Die agb. Lindiwe Zulu LP | 2019 | – | ANC | |
Minister van Menslike Nedersettings, Water en Sanitasie | Die agb. Lindiwe Sisulu LP | 2019 | 2021 | ANC | |
Minister van Menslike Nedersettings | Die agb. Mmamoloko Kubayi LP | 2021 | – | ANC | |
Minister van Minerale Bronne en Energie | Die agb. Gwede Mantashe LP | 2019 | – | ANC | |
Minister van Openbare Ondernemings | Die agb. Pravin Gordhan LP | 2018 | – | ANC | |
Minister van die Omgewing, Bosbou en Visserye | Die agb. Barbara Creecy LP | 2019 | – | ANC | |
Minister van Openbare Werke en Infrastruktuur | Die agb. Patricia de Lille LP Die agb. Sihle Zikalala LP |
2019 2023 |
2023 – |
GOOD ANC | |
Minister van Polisie | Die agb. Bheki Cele LP | 2018 | – | ANC | |
Minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Aangeleenthede |
Die agb. Nkosazana Dlamini-Zuma LP Die agb. Thembi Nkadimeng LP |
2019 2023 |
2023 – |
ANC | |
Minister van Sport, Kuns en Kultuur | Die agb. Nathi Mthethwa LP | 2019 | – | ANC | |
Minister van Staatsdiens en -administrasie | Die agb. Senzo Mchunu LP Die agb. Ayanda Dlodlo LP Die agb. Noxolo Kiviet LP |
2019 2021 2023 |
2021 2023 – |
ANC | |
Minister van Staatsveiligheid | Die agb. Ayanda Dlodlo LP Toesig oor agentskappe na presidensie verskuif |
2019 2021 |
2021 – |
ANC | |
Minister van Toerisme | Die agb. Mmamoloko Kubayi-Ngubane LP Die agb. Lindiwe Sisulu LP Die agb. Patricia de Lille LP |
2019 2021 2023 |
2021 2023 – |
ANC GOOD | |
Minister van Verdediging en Militêre Veterane | Die agb. Nosiviwe Mapisa-Nqakula LP Die agb. Thandi Modise LP |
2019 2021 |
2021 – |
ANC | |
Minister van Vervoer | Die agb. Fikile Mbalula LP Die agb. Sindisiwe Chikunga LP |
2019 2023 |
2023 – |
ANC | |
Minister vir Vroue, die jeug en persone met gestremdhede | Die agb. Maite Nkoana-Mashabane LP Die agb. Nkosazana Dlamini-Zuma LP |
2019 2023 |
2023 – |
ANC | |
Minister van Water en Sanitasie | Die agb. Senzo Mchunu LP | 2021 | – | ANC | |
Minister van Werksverskaffing en Arbeid | Die agb. Thulas Nxesi LP | 2019 | – | ANC |
Kabinetskommeling in 2021
wysigPresident Ramaphosa het op 5 Augustus 2021 bykans ‘n derde van sy kabinetslede verander.[4] Dit was die derde kabinetskommeling sedert hy op 15 Februarie 2018 as president van die land verkies is.
Die kabinetskommeling volg op onluste wat in KwaZulu-Natal en Gauteng uitgebreek het ná die inhegtenisname van oudpresident Jacob Zuma. Zuma is op 29 Junie 2021 15 maande se gevangenisstraf opgelê deur die Grondwethof weens minagting van die hof.[5] Die klag spruit uit Zuma se versuim om voor die Regterlike Kommissie van Ondersoek na Bewerings van Staatskaping onder voorsitterskap van adjunkhoofregter Raymond Zondo te verskyn.
Berigte dat die staatsveiligheidagentskap en die polisie se misdaadintelligensie onvoorbereid was op die onluste het Ramaphosa genoop om toesig oor die ministerie na die presidensie te verskuif.
'n Ander wesenlike skuif was die bedanking van Tito Mboweni as minister van finansies.[6] Enoch Godongwana is in sy plek aangestel.
Kabinetskommeling in 2023
wysigPresident Ramaphosa het weereens op 6 Maart 2023 sy kabinet verander. Dit was die vierde kabinetskommeling sedert hy op 15 Februarie 2018 as president van die land verkies is.
Die kabinetskommeling volg op die 55ste Nasionale Konferensie van die African National Congress waartydens Ramaphosa vir 'n tweede termyn as President van die ANC verkies is. Die skommeling het onder andere die aanstelling van Kgosientso Ramokgopa as Minister in die Presidensie verantwoordelik vir elektrisiteit ingesluit, 'n pos wat nuut geskep is weens die voortslepende Suid-Afrikaanse energiekrisis.[7]
Gebeure ná die algemene verkiesing van 2024
wysigRamaphosa se party, die African National Congress (ANC), het sy volstrekte meerderheid in die parlementêre verkiesing in 2024 verloor en is tot ’n pluraliteit in die Nasionale Vergadering verminder. Ná die verkiesing het die partye onderhandel oor die vorming van 'n koalisieregering. Op 14 Junie 2024 het die ANC, die Demokratiese Alliansie (DA), die Inkatha Vryheidsparty (IVP) en die Patriotiese Alliansie (PA), ingestem om 'n landmerk- nasionale eenheidsregering te vorm, met Cyril Ramaphosa wat herkies is as president van Suid-Afrika.[8][9]
Verwysings
wysig- ↑ (en) Cyril Ramaphosa's new cabinet, in his own words. Besoek op 29 Mei 2019.
- ↑ (en) Ramaphosa announces his Cabinet: Here’s the complete list of ministers. Besoek op 29 Mei 2019.
- ↑ Full list – here is Ramaphosa’s new cabinet, BusinessTECH, 29 Mei 2019. Besoek op 31 Januarie 2021. Sien hier
- ↑ "Statement by President Cyril Ramaphosa on changes to the National Executive, Union Buildings, Tshwane". The Presidency The Republic of South Africa. 5 Augustus 2021. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Oktober 2021.
- ↑ Bates, Erin; Omarjee, Hajra; Maeko, Thando (29 Junie 2021). "Jacob Zuma found guilty of contempt of court and receives 15-month jail term". Business Day. Arena Holdings. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Junie 2021.
- ↑ Omarjee, Hajra; Paton, Carol; Mkentane, Luyolo (5 Augustus 2021). "Ramaphosa wields the axe and puts allies in key positions". Business Day. Arena Holdings. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Augustus 2021.
- ↑ Ramaphosa, Cyril (6 Maart 2023). "Full text: President Ramaphosa's Cabinet reshuffle". Daily Maverick. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Maart 2023.
- ↑ Chothia, Farouk; Kupemba, Danai Kesta; Plett-Usher, Barbra (14 Junie 2024). "ANC and DA agree on South Africa unity government". BBC News. Besoek op 14 Junie 2024.
- ↑ "South Africa's National Assembly re-elects Cyril Ramaphosa as president". Reuters. 14 Junie 2024. Besoek op 14 Junie 2024.
Voorafgegaan deur Ramaphosa I |
2de Kabinet van Cyril Ramaphosa Mei 2019 – Junie 2024 |
Opgevolg deur Ramaphosa III |