Noxolo Kiviet (gebore 21 Julie 1963, Oos-Londen) is 'n Suid-Afrikaanse politikus. Sy was vanaf 2009 tot 2014 die premier van die Oos-Kaap, nadat sy sedert 2004 in die Oos-Kaapse Provinsiale Wetgewer gedien het.[1]

Noxolo Kiviet
Noxolo Kiviet

Minister van Staatsdiens en Administrasie
Ampstermyn
7 Maart 2023 – 17 Junie 2024
President Cyril Ramaphosa
Voorafgegaan deur Ayanda Dlodlo
Opgevolg deur Mzamo Buthelezi

Adjunkminister van Openbare werke en Infrastruktuur
Ampstermyn
30 Mei 2019 – 6 Maart 2023
President Cyril Ramaphosa
Voorafgegaan deur Jeremy Cronin
Opgevolg deur Bernice Swarts

Ampstermyn
6 Mei 2009 – 20 Mei 2014
Voorafgegaan deur Mbulelo Sogoni
Opgevolg deur Phumulo Masualle

Ampstermyn
21 Mei 2014 – 7 Mei 2019
Voorafgegaan deur Fikile Xasa
Opgevolg deur Helen Sauls-August
Ampstermyn
2004 – 2009
Voorafgegaan deur Mkhangeli Matomela
Opgevolg deur Fikile Xasa

Voorsitter van die portefeuljekomitee van die Premier van die Oos-Kaap
Ampstermyn
2003 – 2004

Persoonlike besonderhede
Gebore 21 Julie 1963 (1963-07-21) (61 jaar oud)
Oos-Londen, Suid-Afrika
Politieke party African National Congress
Alma mater Universiteit van Fort Hare

Kiviet is 'n lid van die regerende African National Congress. Na die algemene verkiesing van Mei 2019 het Kiviet 'n lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika geword. Sy is deur president Cyril Ramaphosa as adjunkminister van openbare werke en infrastruktuur aangewys.[1] Sy neem op 30 Mei 2019 die amp aan en dien saam met minister Patricia de Lille.[2] In Maart 2023 is sy bevorder tot Minister van Staatsdiens en Administrasie.[3] Sy het in hierdie pos gedien tot 17 Junie 2024, waarna sy opgevolg is deur Elphas Mzamo Buthelezi.

Opleiding

wysig

Sy het 'n B.Admin asook 'n B.Admin (honneurs) aan die Universiteit van Fort Hare behaal. In 2010 was sy een van die belangrikste gegradueerdes aan Fort Hare, met die toekenning van die Meestersgraad in Publieke Administrasie. In 'n onthulling deur ondersoekende joernalistiek-organisasie is vrae geopper oor die geloofwaardigheid van haar beweerde opleiding.[4]

Verwysings

wysig
  1. 1,0 1,1 "Noxolo Kiviet". People's Assembly. Besoek op 30 Junie 2022.
  2. Mkentane, Luyolo (30 Mei 2019). "'Humbled and honoured' minister De Lille vows to keep fighting for justice". BusinessLIVE (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Junie 2019. Besoek op 8 Januarie 2020.
  3. Zyl, Corné van (6 Maart 2023). "Cabinet reshuffle: Here's EVERY change made by Ramaphosa". The South African (in Engels). Besoek op 7 Maart 2023.
  4. https://www.youtube.com/watch?v=qy-JplV7RTI
Voorafgegaan deur
Ayanda Dlodlo
Minister van Staatsdiens en Administrasie
Maart 2023 – Junie 2024
Opgevolg deur
Mzamo Buthelezi
Voorafgegaan deur
Jeremy Cronin
Adjunkminister van Openbare werke en Infrastruktuur
Mei 2019 – Maart 2023
Opgevolg deur
Bernice Swarts
Voorafgegaan deur
Mbulelo Sogoni
Premier van die Oos-Kaap
Mei 2009 – Mei 2014
Opgevolg deur
Phumulo Masualle