Aaron Motsoaledi
Aaron Pakishe Motsoaledi (gebore 7 Augustus 1958) is 'n Suid-Afrikaanse medikus en politikus, voorheen LUK vir vervoer, landbou en omgewingsake,[1] en onderwys[2] in die Limpopoprovinsie. Hy is 'n lid van die regerende African National Congress en lid van die Suid-Afrikaanse Parlement.
Aaron Motsoaledi | |
Minister van Binnelandse Sake
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 30 Mei 2019 | |
President | Cyril Ramaphosa |
---|---|
Voorafgegaan deur | Siyabonga Cwele |
Minister van Gesondheid
| |
Ampstermyn 10 Mei 2009 – 29 Mei 2019 | |
President | Zuma, Ramaphosa |
Voorafgegaan deur | Barbara Hogan |
Opgevolg deur | Zweli Mkhize |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 7 Augustus 1958 Phokwane, Noord-Transvaal |
Politieke party | African National Congress |
Eggenoot/-note | Thelma Dikeledi |
Motsoaledi is 'n gekwalifiseerde dokter. Hy het sy skoolloopbaan by die Setotolwane Hoërskool in Noord-Transvaal voltooi en daarna 'n MBChB-graad (geneeskunde en chirurgie) behaal aan die Universiteit van Natal.[3]
Motsoaledi het 'n suksesvolle mediese praktyk bedryf in die plattelandse dorpie Jane Furse voor sy aanstellings in die regering. Hy was ook in 1986-1994 voorsitter van die adviesraadkantore in Sekhukhune. Sedert 1989 was hy ook die voorsitter van 'n gesondheids-, voeding- en beradingsprojek "Hlahlolanang".
Hy is aangewys as die Minister van Gesondheid [4] in die Suid-Afrikaanse kabinet op 10 Mei 2009.
Vanweë sy uitmuntende bekwaamhede as minister van gesondheid het hy 'n belangrike rol gespeel om Suid-Afrika se beeld te verbeter ten opsigte van die VIGS-pandemie en behandeling daarvoor. In Mei 2014, ná die algemene verkiesing, is hy behou in die nuwe kabinet van pres. Jacob Zuma.[5]
Hy is sedert Mei 2019 die Minister van Binnelandse Sake in die kabinet van Cyril Ramaphosa.
Verwysings
wysig- ↑ "Zero tolerence for vigilantes" (in Engels). News24. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Augustus 2010. Besoek op 10 Mei 2009.
- ↑ "Initiative to visit schools". The Sowetan. Besoek op 10 Mei 2009.[dooie skakel]
- ↑ "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 September 2014. Besoek op 27 Februarie 2016.
- ↑ "New Cabinet - full appointments" (in Engels). News24. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Mei 2009. Besoek op 10 Mei 2009.
- ↑ (en) Jacob Zuma announces new Cabinet, besoek op 25 Mei 2015
Politieke poste | ||
---|---|---|
Voorafgegaan deur Siyabonga Cwele |
Minister van Binnelandse Sake Mei 2019– |
Sittend |
Voorafgegaan deur Barbara Hogan |
Minister van Gesondheid Mei 2009–Mei 2019 |
Opgevolg deur Zweli Mkhize |