Silwerblaarmelkpruim
Die silwerblaarmelkpruim (Englerophytum natalense) is 'n klein tot middelgroot boom wat in Eswatini, Kenia, Malawi, Mosambiek, Tanzanië, Uganda en Zimbabwe voorkom. In Suid-Afrika groei die boom in KwaZulu-Natal, Mpumalanga en die Oos-Kaap. Die boom groei hoofsaaklik onder die kruin van die woud of in beboste klowe. Die jonger blare is met donkerbruin hare bedek terwyl die ouer blare silwer is aan die onderkant met 'n spits-lopende blaarpunt. Die boom se FSA-nommer is 582.[2]
Silwerblaarmelkpruim | |
---|---|
Silwerblaarmelkpruim op die Molwenioewer, Krantzkloof Natuurreservaat | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | E. natalense
|
Binomiale naam | |
Englerophytum natalense (Sond.) T.D.Penn., (1991)
| |
Sinonieme | |
|
Fotogalery
wysig-
Loof van 'n Silwerblaarmelkpruim, KwaZulu-Natal Nasionale Botaniese Tuin, Pietermaritzburg
-
Ryp vrugte
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ Hyde, Mark. "Englerophytum natalense (Sond.) T.D. Penn". Flora of Zimbabwe (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 10 Oktober 2013.
- ↑ https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Bronne
wysig- Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 ISBN 978 1 77007 832 1
- REDLIST Sanbi
- Plants of the World Online
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Silwerblaarmelkpruim.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Silwerblaarmelkpruim