Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/1 Mei
(Aangestuur vanaf Sjabloon:Mei 1 selektiewe herdenkings)
1 Mei: Werkersdag; Beltane en Samhain in onderskeidelik die Noordelike en Suidelike Halfrond (Keltiese mitologie); Maharashtra-dag in Maharashtra, Indië (1960); Lojaliteitsdag in die Verenigde State.
- 1786 – Openingsaand van die opera Die huwelik van Figaro deur Wolfgang Amadeus Mozart in Wene.
- 1860 – Pretoria word tot hoofstad van die Zuid-Afrikaansche Republiek verklaar.
- 1956 – Die polio-entstof ontwikkel deur Jonas Salk word aan die publiek beskikbaar gestel.
- 1994 – Die Formule Een-renjaer Ayrton Senna sterf gedurende die San Marino Grand Prix.
- 2004 – Estland, Hongarye, Letland, Litaue, Malta, Pole, Siprus, Slowakye, Slowenië en Tsjeggië sluit by die Europese Unie aan.