Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/23 Mei
(Aangestuur vanaf Sjabloon:Mei 23 selektiewe herdenkings)
23 Mei: Victoriadag in Kanada (2005)
- 1568 – Die Tagtigjarige Oorlog breek uit toe Nederlandse rebelle onder leiding van Lodewyk van Nassau Friesland in die Slag van Heiligerlee binneval.
- 1907 – Gebore: Hergé, strokiesprentkunstenaar en skepper van Kuifie.
- 1934 – Die Amerikaanse bankrowers Bonnie en Clyde word deur die polisie in 'n lokval gelei en doodgeskiet in Black Lake, Louisiana.
- 1960 – Die stadjie Hilo, aan die ooskus van Hawaii, word deur 'n aardbewing getref.
- 1995 – Die Java-programmeertaal word amptelik deur die ontwikkelaar James Gosling en sy kollegas aangekondig.