Skipjack-klas duikboot
Die Skipjack-klas duikboot was 'n reeks kernaangedrewe aanvalsduikbote van die Amerikaanse Vloot wat die voordele van kernkrag van die USS Nautilus met die voordele van die traandruppelontwerp van die USS Albacore gekombineer het. Die Skipjack's kon meer as 30 knope onder water haal en is ook deur slegs een skroef aangedryf. Daar is ses duikbote in die klas gebou en hulle was die vinnigste duikbote op daardie stadium.
Hierdie klas is aangedryf deur die Westinghouse S5W-kernreaktor wat toe die Amerikaanse Vloot se standaardreaktor geword het. Die hidrovlerke wat tradisioneel op die boeg was, is na die toring geskuif. Dit het verseker dat geruis drasties verminder is by die sonar wat in die boeg geïnstalleer is. Die USS Scorpion is verleng met 39,6 m sodat dit ballistiese missiele kon dra. Sodoende is 'n nuwe klas duikboot geskep en die Scorpion is herdoop na die USS George Washington. 'n Tweede USS Scorpion is toe gebou.
Al die duikbote (behalwe USS Scorpion wat vergaan het) is na hulle uitdiensstelling herwin via die Ship and Submarine Recycling Program. Die program is spesiaal vir ou kernaangedrewe skepe in Amerika ingestel, om die ongewensde storting van kernafval te beperk.
Duikbote in die klas
wysigNaam | Wimpel-nommer | Skeepsbouer | Kiel gelê | Te water gelaat | In diens gestel | Uit diens gestel |
---|---|---|---|---|---|---|
USS Skipjack | SSN-585 | General Dynamics Electric Boat | 29 Mei 1956 | 26 Mei 1958 | 15 April 195 | 19 April 1990, herwin 1 September 1998. |
USS Scamp | SSN-588 | Mare Island Naval Shipyard | 23 Januarie 1959 | 8 Oktober 1960 | 5 Junie 1961 | 28 April 1988, herwin 9 September 1994. |
USS Scorpion | SSN-589 | General Dynamics Electric Boat | 20 Augustus 1958 | 29 Desember 1959 | 29 Julie 1960 | Verloor met 99 bemanning tussen 22 Mei en 5 Junie 1968, 400 seemyl suidwes van die Asore in die noord-Atlantiese Oseaan, oorsaak onbekend. |
USS Sculpin | SSN-590 | Ingalls Shipbuilding, Pascagoula, Mississippi | 3 Februarie 1958 | 31 Maart 1960 | 1 Junie 1961 | 3 Augustus 1990, herwin 30 Oktober 2001. |
USS Shark | SSN-591 | Newport News Shipbuilding | 24 Februarie 1958 | 16 Maart 1960 | 9 Februarie 1961 | 15 September 1990, herwin 28 Junie 1996. |
USS Snook | SSN-592 | Ingalls Shipbuilding, Pascagoula, Mississippi | 7 April 1958 | 31 Oktober 1960 | 24 Oktober 1961 | 14 November 1986, herwin 30 Junie 1997. |
Bron
wysig- The Illustrated Encyclopedia Of Destroyers Frigates & Submarines, Bernard Ireland en John Parker, 2015, ISBN 978-0-85723-601-2