Stanislas Wawrinka
Stanislas "Stan" Wawrinka[3] (Frans: [stanislas vavʁiŋka]; gebore 28 Maart 1985) is 'n Switserse professionele tennisspeler. Hy is ook 'n Duitse burger, omdat sy vader 'n Duitser van Tsjeggiese afkoms is.
Stanislas Wawrinka tydens die VSA-Ope in 2016 | ||
Bynaam | Stan Wawrinka, Barry | |
---|---|---|
Land | Switserland | |
Woonplek | Monte Carlo, Monaco[1] | |
Geboortedatum | 28 Maart 1985[1] | |
Geboorteplek | Lausanne, Switserland[1] | |
Lengte | 1,83 m[1] | |
Gewig | 81 kg[1] | |
Afrigter | Dimitri Zavialoff (2002–2010) Peter Lundgren (2010–2012) Richard Krajicek (2016) Paul Annacone (2017) Daniel Vallverdú (2019–2022) Magnus Norman (2013–2017, 2018–2020, 2022–hede)[1] | |
Begin professioneel | 2002[1] | |
Spelstyl | Regshandig (eenhandig handrughou)[1] | |
Loopbaan-wengeld | $37 089 980 (soos op 9 September 2024)[1] (8ste van alle tye)[2] | |
Amptelike webblad | stanwawrinka.com | |
Enkelspel | ||
Loopbaanrekord | 573–358 (61,5%)[1] | |
Loopbaantitels | 16[1] | |
Hoogste rang | No. 3 (27 Januarie 2014)[1] | |
Huidige rang | No. 235 (9 September 2024)[1] | |
Grand Slam-uitslae | ||
Australiese Ope | W (2014) | |
Franse Ope | W (2015) | |
Junior | W (2003) | |
Wimbledon | KE (2014, 2015) | |
VSA-Ope | W (2016) | |
Groot toernooie | ||
Toereindronde | HE (2013, 2014, 2015) | |
Olimpiese Spele | 2R (2008, 2024) | |
Dubbelspel | ||
Loopbaan-rekord | 81–105 (43,5%)[1] | |
Loopbaantitels | 3[1] | |
Hoogste rang | No. 88 (2 Februarie 2015)[1] | |
Huidige rang | No. – (9 September 2024)[1] | |
Australiese Ope | 3R (2006) | |
Franse Ope | 3R (2006) | |
Wimbledon | 1R (2006, 2007) | |
VSA-Ope | 1R (2005) | |
Groot dubbelspeltoernooie | ||
Olimpiese Spele | Goue medalje (2008) | |
Laaste opgedateer op: 9 September 2024. |
Wawrinka begin op 14-jarige ouderdom om aan internasionale junior-toernooie deel te neem. Hy verlaat skool op 15 om op tennis te fokus, maar sit sy studies deur afstandsonderrig voort. Sedert 2002 speel hy professioneel tennis. In 2005 word hy op die ATP-ranglys onder die beste 100 tennisspelers geplaas. In 2006 haal hy die top 50- en in 2008 die top 10-lys van spelers.
Tydens die Australiese Ope van 2014 wen hy sy eerste Grand Slam-toernooi. Hy skakel die tweede gekeurde Novak Djokovic tydens die kwarteindronde in 5 stelle uit. In die eindstryd wen hy die eerste gekeurde Rafael Nadal met 'n telling van 6–3, 6–2, 3–6 en 6–3. Hiermee skuif hy tot die nommer 3 posisie op die ATP se ranglys op. Tydens die Franse Ope van 2015 wen hy sy tweede Grand Slam-toernooi en tydens die VSA-Ope van 2016 sy derde.
Grand Slam-rekord
wysigDie tabel toon Wawrinka se prestasie tydens elk van die Grand Slam-toernooie in mansenkels waaraan hy deelgeneem het:
Jaar | Australiese Ope | Franse Ope | Wimbledon | VSA-Ope |
---|---|---|---|---|
2005 | Beseer | Rondte 3 | Rondte 1 | Rondte 3 |
2006 | Rondte 2 | Rondte 1 | Rondte 3 | Rondte 3 |
2007 | Rondte 3 | Rondte 2 | Rondte 1 | Rondte 4 |
2008 | Rondte 2 | Rondte 3 | Rondte 4 | Rondte 4 |
2009 | Rondte 3 | Rondte 3 | Rondte 4 | Rondte 1 |
2010 | Rondte 3 | Rondte 4 | Rondte 1 | Kwarteindstryd |
2011 | Kwarteindstryd | Rondte 4 | Rondte 2 | Rondte 2 |
2012 | Rondte 3 | Rondte 4 | Rondte 1 | Rondte 4 |
2013 | Rondte 4 | Kwarteindstryd | Rondte 1 | Halfeindstryd |
2014 | Wenner | Rondte 1 | Kwarteindstryd | Kwarteindstryd |
2015 | Halfeindstryd | Wenner | Kwarteindstryd | Halfeindstryd |
2016 | Rondte 4 | Halfeindstryd | Rondte 2 | Wenner |
2017 | Halfeindstryd | Eindstryd | Rondte 1 | Beseer |
2018 | Rondte 2 | Rondte 1 | Rondte 2 | Rondte 3 |
2019 | Rondte 2 | Kwarteindstryd | Rondte 2 | Kwarteindstryd |
2020 | Kwarteindstryd | Rondte 3 | Toernooi nie gehou nie | Nie deelgeneem nie |
2021 | Rondte 2 | Nie deelgeneem nie | Nie deelgeneem nie | Nie deelgeneem nie |
2022 | Nie deelgeneem nie | Rondte 1 | Rondte 1 | Rondte 1 |
2023 | Rondte 1 | Rondte 2 | Rondte 3 | Rondte 3 |
2024 | Rondte 1 | Rondte 2 | Rondte 2 | Rondte 1 |
Verwysings
wysig- ↑ 1,00 1,01 1,02 1,03 1,04 1,05 1,06 1,07 1,08 1,09 1,10 1,11 1,12 1,13 1,14 1,15 1,16 (en) "Player profile – Stan Wawrinka". ATP World Tour. Besoek op 9 September 2024.
- ↑ (en) "Career Prize Money" (PDF). Pro Tennis Live. 9 September 2024. Besoek op 9 September 2024.
- ↑ (en) "French Open to be first tournament for Stanislas Wawrinka". tennis.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Februarie 2020. Besoek op 10 Junie 2019.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Stanislas Wawrinka.
- (en) (fr) Amptelike webwerf
- (en) Stanislas Wawrinka se ATP-profiel
- (en) Stanislas Wawrinka se ITF-profiel
- (en) Stanislas Wawrinka in die Internet-rolprentdatabasis