Stefan Terblanche
Stefan Terblanche (gebore 2 Julie 1975 te Mosselbaai) is 'n oud-Springbokrugbyspeler wat in 37 toetse vir Suid-Afrika gespeel het. Terblanche het vir ’n tydperk die rekord gehou vir die meeste toetsdrieë in een toets, naamlik vyf. Hy het dit behaal in 'n toets teen Italië gedurende Junie 1999. Tonderai Chavhanga het die rekord tot ses verbeter gedurende 2005. Hy was ook deel van Suid-Afrika se span tydens die Rugbywêreldbeker 1999 en Rugbywêreldbeker 2003.
| |||||
Stefan Terblanche in 2011 | |||||
Volle naam | Carl Stefan Terblanche | ||||
---|---|---|---|---|---|
Geboortedatum | 2 Julie 1975 | ||||
Geboorteplek | Mosselbaai, Suid-Afrika | ||||
Lengte | 187 cm | ||||
Massa | 96 kg | ||||
Skool | Hoërskool Swellendam | ||||
Universiteit | Boland Onderwyskollege | ||||
Rugbyloopbaan | |||||
Loopbaan as speler | |||||
Posisie(s) | Heelagter, vleuel | ||||
Springbokno. | 668 | ||||
Jeugspanne | |||||
Jare | Span | ||||
1993 1995 |
Suid-Westelike Distrikte Cravenweekspan Suid-Afrikaanse o/21-span | ||||
Professionele / senior klubs | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2003–2007 2011 |
Ospreys Ulster |
87 16 |
(15) | ||
korrek soos op 15 Oktober 2012. | |||||
Provinsiale- / Staatspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
1996–1998 1999– |
Boland Natalse Haaie |
66 42 |
(161) | ||
korrek soos op 15 Oktober 2012. | |||||
Nasionale span(ne) | |||||
Jare | Land | Weds | (pte) | ||
1998–2003 | Suid-Afrika | 37 | (100) | ||
korrek soos op 15 Oktober 2012. |
Eksterne skakel
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Stefan Terblanche.
- Stefan Terblanche by SARugby.co.za