Steve McClaren
Stephen "Steve" McClaren (gebore op 3 Mei 1961 in Fulford) is 'n Engelse sokkerafrigter.
Steve McClaren in 2012 | |||
Persoonlike inligting | |||
---|---|---|---|
Geboortenaam | Stephen McClaren | ||
Gebore | 3 Mei 1961 | ||
Geboorteplek | Fulford, York, Engeland | ||
Speelposisie | Middelveldspeler | ||
Klubinligting | |||
Huidige klub | Derby County (bestuurder) | ||
Seniorloopbaan* | |||
Jare | Span | Kere† | (Doele)† |
1979–1985 | Hull City | 178 | (16) |
1985–1988 | Derby County | 25 | (0) |
1987 | → Lincoln City (leen) | 8 | (0) |
1988–1989 | Bristol City | 61 | (2) |
1989–1992 | Oxford United | 33 | (0) |
Totaal | 305 | (18) | |
Spanne bestuur | |||
1995–1999 | Derby County (assistent) | ||
1999–2001 | Manchester United (assistent) | ||
2000–2002 | Engeland (assistent) | ||
2001–2006 | Middlesbrough | ||
2004–2006 | Engeland (assistent) | ||
2006–2007 | Engeland | ||
2008–2010 | FC Twente | ||
2010–2011 | VfL Wolfsburg | ||
2011 | Nottingham Forest | ||
2012–2013 | FC Twente | ||
2013 | Queens Park Rangers (afrigter) | ||
2013– | Derby County | ||
* Kere vir seniorklub uitgedraf en doele is net vir die plaaslike liga.. † Kere uitgedraf (Doele). |
Steve McClaren is berug vir die vroeë uitskakeling van die Engelse nasionale sokkerspan tydens die kwalifiseerreeks vir die UEFA Europa-beker (Euro 2008). Hy is ook bekend vir die eerste nasionale titel wat FC Twente gewen het met hom as afrigter.
Speler
wysigSteve McClaren het as middelveldspeler vir verskeie Engelse spanne gespeel wat in die laer ligas uitgedraf het. Van 1979 tot 1992 het hy vir Hull City FC, Derby County, Lincoln City FC, Bristol City FC en Oxford United gespeel. By Derby County het hy die Tweede Divisie gewen.
Afrigter
wysigSeisoene | Klub | Land | Liga | Erelys |
---|---|---|---|---|
1999–01 | Manchester United (as assistent) | Engeland | Premier League | Nasionale kampioen (3x), Champions League, FA Cup |
2001–06 | Middlesbrough FC | Engeland | Premier League | Ligabeker |
2006–07 | Engelse nasionale sokkerspan | Engeland | UEFA Europa-beker | |
2008–10 | FC Twente | Nederland | Eredivisie | Nasionale kampioen |
2010–11 | VfL Wolfsburg | Duitsland | Bundesliga | |
2011 | Nottingham Forrest | Engeland | Championship | |
2012–13 | FC Twente | Nederland | Eredivisie | |
2013 | Queens Park Rangers | Engeland | Premier League | |
2013– | Derby County | Engeland | Premier League |
Vir die onverwagte uitskakeling van die Engelse nasionale sokkerspan tydens die Europa-beker, is hy nog glad nie baie gewild in die Verenigde Koninkryk nie. Ook al het hy met Middlesbrough die Ligabeker gewen en het hy met hierdie span as naaswenner in die UEFA Europa League geëindig. Ook het hy as assistent afrigter by Manchester United drie nasionale titels en selfs die UEFA Champions League gewen. In Nederland is hy baie gewild, vir sy suksesse met FC Twente tydens sy eerste periode as afrigter daar, al het hy tydens sy tweede periode by die span nie soveel sukses gehad nie.