Talang-koninginvis
Die Talang-koninginvis (Scomberoides commersonianus) is 'n vis wat aan die ooskus van Suid-Afrika vanaf Oos-Londen noordwaarts voorkom. Dit is 'n tropiese vis wat warmer waters verkies en meer volop raak vanaf Durban en verder noord. In Engels het dit vele name, waaronder Talang queenfish, giant dart, giant leatherskin, giant queenfish, largemouth queenfish, leatherjacket en Talang leatherskin.
Talang-koninginvis | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | S. commersonianus
|
Binomiale naam | |
Scomberoides commersonianus Lacepède, 1801
|
Voorkoms
wysigDie vis is lank en plat. Die rug is donker- tot olyfgroen, die sye is silwer en die pens is wit. Die sye het normaalweg 'n geel skynsel. Daar is ook 'n horisontale lyn op die sye met vyf of meer donker kolle bo die lyn wat kleiner word na agter. Die vis weeg normaalweg minder as 5 kg.
Habitat en gewoontes
wysigHulle kom veral naby riwwe in sandbaaie voor en is grootliks alleenlopers. Hulle verkies donkerder waters of warm, groenige water. Hulle eet klein vissies soos harders en ansjovis. Hulle word beide vanaf die kus en bote gevang.
Dit is nie 'n gewilde eetvis nie.
Sien ook
wysigBron
wysig- Top Angling Fishes of Southern Africa. Hennie Crous. 2010. ISBN 978-1-77007-403-3