Teodoro Obiang Nguema Mbasogo
Teodoro Obiang Nguema Mbasogo (gebore 5 Junie 1942) is sedert 1979 die president van Ekwatoriaal-Guinee.
Teodoro Obiang Nguema Mbasogo | |
2de President van Ekwatoriaal-Guinee
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 3 Augustus 1979 | |
Vise | Ignacio Milam Tang Teodoro Nguema Obiang Mangue |
---|---|
Eerste minister | Cristino Seriche Bioko Silvestre Siale Bileka Ángel Serafín Seriche Dougan Cándido Muatetema Rivas Miguel Abia Biteo Boricó Ricardo Mangue Obama Nfubea Ignacio Milam Tang Vicente Ehate Tomi |
Voorafgegaan deur | Francisco Macías Nguema |
Voorsitter van die Afrika-unie
| |
Ampstermyn 31 Januarie 2011 – 29 Januarie 2012 | |
Voorafgegaan deur | Bingu wa Mutharika |
Opgevolg deur | Yayi Boni |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 5 Junie 1942 Acoacán, Spaans-Guinee (tans Ekwatoriaal-Guinee) |
Politieke party | Democratic Party of Equatorial Guinea |
Eggenoot/-note | Constancia Mangue |
Kind(ers) | 1 |
Religie | Rooms-Katolieke Kerk |
Obiang, wat verskeie regeringsposte, insluitende die hoof van die berugte Black Beach-tronk, beklee het, het op 3 Augustus 1979 sy oom in 'n bloedige staatsgreep omver gewerp. Die aard van Obiang se regering is nie-demokraties, aangesien opposisie nie toegelaat word nie. Hy word ook beskuldig van korrupsie en magsmisbruik. Ekwatoriaal-Guinee is tans 'n eenpartystaat wat deur die Democratic Party of Equatorial Guinea (PDGE) beheer word. Die grondwet verskaf aan Obiang wye magte, insluitend die reg om deur dekrete te regeer.
Soos vorige Afrika diktators, het Obiang ook sekere titels aan homself toegeken. Dit sluit in: "heer van die eilande Bioko, Annobón en Río Muni." Hy verwys ook na homself as "El Jefe" (die baas).
In Maart 2004 het Obiang aangekondig dat 'n staatsgreep teen hom beplan is deur die intelligensiedienste van die VSA, Brittanje en Spanje, gelei deur Mark Thatcher en Simon Mann. Kort daarna is 15 mense in Ekwatoriaal-Guinee gearresteer, asook 'n vliegtuig vol huursoldate in Zimbabwe wat blykbaar na die land op pad was. Hierdie gebeure is in die 2006-Britse film Coup! verewig. Die huursoldate wat in Zimbabwe in hegtenis geneem is, insluitend Mann, is tronk toe gestuur. Obiang het aangevoer dat die Weste Severo Moto Nsá as president wou instel.
Die Suid-Afrikaner, Nick du Toit, is as die leier van die huursoldate in Ekwatoriaal-Guinee aangekla en tot 34 jaar tronkstraf gevonnis.
Obiang word geteister deur terminale prostaatkanker en die president wil na bewering hê sy seun, Teodorín Nguema Obiang, moet hom opvolg. Dit word deur 'n ander moontlike opvolgingskandidaat teengestaan: Armengol Ondo Nguema.
In November 2021 is Teodoro Obiang Nguema Mbasogo op sy party se kongres aangestel as 'n kandidaat vir 'n sesde termyn in die 2023-verkiesing.