Witrugeend
Die witrugeend (Thalassornis leuconotus) is 'n algemene standvoël van Suidelike Afrika.
Witrugeend | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | Thalassorninae
|
Genus: | Thalassornis |
Spesie: | T. leuconotus
|
Binomiale naam | |
Thalassornis leuconotus Eyton, 1838
| |
Subspesies | |
|
Identifikasie
wysigDit is 'n ronde, stewige eendjie van 38–40 cm. Sy massa is ongeveer 625 tot 800 gram.
Die witrugeend het 'n gevlekte bruin rug en 'n relatief groot kop met 'n vaal vlek op die basis van die snawel. In vlug kan die wit rug waargeneem word. Geen onderskeid tussen manlik, vroulike en onvolwasse voëls nie.
Habitat
wysigDie habitat is hoofsaaklik varswaterdamme en vleiland. Hierdie eende is goed aangepas vir duik en duiktye tot 'n halfminuut is al waargeneem waarby soveel as 65 meter afgelê word. Hulle is sku en hou gewoonlik van riete om agter te skuil.
Dieet
wysigDie eende eet hoofsaaklik plantmateriaal, veral sade en blare, jong eende eet ook ruspes en inseklarwes.
Verspreiding
wysigDie witrugeend kom veral in die oostelike dele van Suider-Afrika voor.
Hierdie taamlik seldsame eende kom ook voor in Wes-Afrika tussen Senegal en Tsjad en in Oos-Afrika vanaf Ethiopië tot in Suid-Afrika en Madagaskar.
Geluid
wysigDie eend uiter 'n lae-noot fluit.
Subspesies
wysig- T. l. leuconotus
- T. l. insularis
Ander name
wysig- Engelse naam: White-backed Duck
- Wetenskaplike naam: Thalassornis leuconotus
Sien ook
wysigBronnelys
wysig- KENNIS, vol 14, 1980, bl. 2898-2899, ISBN 0 7981 0836 3