Von der Deckense neushoringvoël
Von der Deckense neushoringvoël (Tockus deckeni) is 'n neushoringvoëlspesie wat in Oos-Afrika voorkom. Die naam is 'n eerbetoon aan die Duitse ontdekkingsreisiger Karl Klaus von der Decken (1833-1865), wat die voël ontdek het tydens sy ekspedisie op die berg Kilimanjaro.
Von der Deckense neushoringvoël | |
---|---|
Mannetjie | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | T. deckeni
|
Binomiale naam | |
Tockus deckeni (Cabanis, 1869)
| |
Verspreiding van Von der Deckense neushoringvoël (Nota: Sluit ook Jacksonse neushoringvoël se verspreiding in) |
Beskrywing
wysigVon der Deckense neushoringvoël word 43-51 cm lank. Dit het 'n wit bors met egalige swart vlerke, dus sonder stippels of strepe. Die mannetjie het 'n helderrooi snawel met 'n ivoorkleurige uiteinde, terwyl die wyfie se snawel swart is.[2]
-
Wyfie - swart snawel
-
Mannetjie - helderrooi snawel
Verspreiding en leefgebied
wysigVon der Deckense neushoringvoël kom voor in 'n aantal lande in Oos-Afrika, by name Ethiopië, Somalië en sentraal-Tanzania. Dit is ook 'n tipiese soort van die droë gebiede van Kenia. Sy leefgebied bestaan uit droë struikgewas, oop bosgebiede met acacias en rivierbegeleidende bos. Sy roep, 'n aanhoudende "wot, wot....", is karakteristiek.
Status
wysigHierdie voël verskyn as "nie bedreig" op die IUBN-rooilys.[1]
Sien ook
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Tockus deckeni. |
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 "Tockus deckeni". IUBN-rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2013.2. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. 2012. Besoek op 26 November 2013.
{{cite web}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp) - ↑ (en) Williams, J.G. & N. Arlott, 1986. A field guide to the birds of East Africa. Collins, London. ISBN 9780002 191791