Tomiichi Murayama
Tomiichi Murayama (Japannees: 村山 富市, Murayama Tomiichi, gebore 3 Maart 1924) is 'n Japannese politikus wat van 1994 tot 1996 as die Eerste minister van Japan gedien het.[1] Hy het die Japannese Sosialistiese Party gelei en was verantwoordelik vir die naamverandering in Sosiaal-Demokratiese Party van Japan in 1996.
Tomiichi Murayama 村山富市 | |
Tomiichi Murayama in 1994 | |
Ampstermyn 30 Junie 1994 – 11 Januarie 1996 | |
Vise | Yōhei Kōno Ryutaro Hashimoto |
---|---|
Monarg | Akihito |
Voorafgegaan deur | Tsutomu Hata |
Opgevolg deur | Ryutaro Hashimoto |
Voorsitter van die Sosiaal-Demokratiese Party
| |
Ampstermyn 25 September 1993 – 28 September 1996 | |
Voorafgegaan deur | Sadao Yamahana |
Opgevolg deur | Takako Doi |
Lid van die Laerhuis
| |
Ampstermyn 11 Desember 1972 – 19 Mei 1980 | |
Voorafgegaan deur | Isamu Murakami |
Opgevolg deur | Isamu Murakami |
Ampstermyn 19 Desember 1983 – 2 Junie 2000 | |
Voorafgegaan deur | Isamu Murakami |
Opgevolg deur | Ban Kugimiya |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 3 Maart 1924 Ōita, Japannese Keiserryk (nou Japan) |
Politieke party | Sosiaal-Demokratiese Party Sosialistiese Party |
Eggenoot/-note | Yoshie Murayama (huwelik in 1953) |
Alma mater | Meiji-universiteit |
Handtekening | |
Militêre Diens
| |
Lojaliteit | Japan |
Diens/Tak | Keiserlike Japannese Weermag |
Jare in diens | 1944–1945 |
Rang | Offisierskandidaat |
Oorloë/Veldslae | Tweede Wêreldoorlog |
Nadat hy eerste minister geword het, was hy die eerste sosialistiese leier van Japan in bykans vyftig jaar.[2] Hy word vandag veral onthou vir sy toespraak "Ter geleentheid van die 50ste herdenking van die einde van die oorlog", waarin hy in die openbaar om verskoning gevra het vir die Japannese Keiserryk se gruweldade wat tydens die Tweede Wêreldoorlog gepleeg is.
Van die tien lewende voormalige eerste ministers van Japan is hy ná die dood van Yasuhiro Nakasone op 29 November 2019 tans die oudste lewende premier.
Verwysings
wysig- ↑ (en) Profile of Tomiichi Murayama
- ↑ (en) "Japan gets first Socialist PM in 46 years". The Independent. 30 Junie 1994. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 November 2012. Besoek op 10 Desember 2010.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Tomiichi Murayama.