Tucson
Tucson (uitgespreek /ˈtuːsɒn/) is 'n stad in die suide van die Amerikaanse deelstaat Arizona. Die stad is in 1775 gestig en het 'n bevolking van omtrent 525 529 in 2008 gehad. Een van die stad se byname is The Old Pueblo.
Tucson | |
Tucson, met die Catalinas Mountains in die agtergrond | |
Bynaam: The Old Pueblo | |
Ligging van Tucson in Arizona | |
Ligging van Arizona in die VSA | |
Land | Verenigde State van Amerika |
---|---|
Staat | Arizona |
Distrik | Pima |
Regering | |
- Burgemeester | Jonathan Rothschild |
Oppervlakte | |
- Totaal | 505,3 km² (195,1 myl²) |
Bevolking (2008) | |
- Totaal | 525 529 |
- Digtheid | 1 022/km² (2 647/myl²) |
Areakode(s) | 520 |
Webwerf: www.tucsonaz.gov |
Geografie
wysigTucson lê in die suide van Arizona, in die suidweste van die VSA, 98 km noord van die Meksikaanse grens en 188 km suidoos van Phoenix, die hoofstad van Arizona. Tucson is 728 meter (2 389 voet) bo seevlak.
Demografie
wysigIn 2000 het die stad 'n bevolking van 486 699 gehad: 70,15% wit, 4,33% swart of Afro-Amerikaans, 2,27% Amerikaanse inboorlinge, 2,46% Asiaties, 0,16% Pasifiese eilanders, 16,85% van ander rasse en 3,79% van twee of meer rasse. Spaans-Amerikaners of Latyns-Amerikaners van enige ras het 35,72% van die bevolking uitgemaak.
Susterstede
wysig- Almaty, Kasakstan
- Ciudad Obregón, Meksiko
- Guadalajara, Meksiko
- Liupanshui, Volksrepubliek China
- Nouakchott, Mauritanië
- Pécs, Hongarye
- Segovia, Spanje
- Sulaymaniyah, Irak
- Taichung, Taiwan (Republiek China)
- Trikala, Griekeland