Tulbaghia coddii
Plantspesie
Tulbaghia coddii is 'n geofiet wat tot die Amaryllidaceae familie hoort. Die spesie is endemies in Mpumalanga en kom van Mariepskop tot by Mount Sheba en Graskop voor. Dit het tans 'n voorkomsgebied van 272 km² en in die verlede groot gedeeltes van sy habitat afgestaan aan die aanplant van plantasies. Meer as 80% van sy oorblywende habitat is in beskermde gebiede soos die Blyderivierspoort en die populasie is tans stabiel. Die plant word as seldsaam beskou.
Tulbaghia coddii | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eensaadlobbiges |
Orde: | Asparagales |
Familie: | Amaryllidaceae |
Subfamilie: | Allioideae |
Genus: | Tulbaghia |
Spesie: | T. coddii
|
Binomiale naam | |
Tulbaghia coddii Vosa & R.B.Burb., (1975 gepubl. 1977)
| |
Sinonieme | |
|