Vlag van Somalië
Die nasionale vlag van Somalië (Somalies: Calanka Soomaaliyaa; Arabies: علم الصومال) is op 12 Oktober 1954 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n enkele blou baan met ’n wit vyfpuntige ster in die middel van die vlag.
Gebruik | Nasionale vlag en vaandel |
---|---|
Verhouding | 1:2 |
Goedgekeur | 12 Oktober 1954 |
Ontwerp | ’n Blou vlag met ’n wit ster in die middel. |
Ontwerp deur | Mohammed Awale Liban |
Simboliek
wysigDie blou baan herinner ’n mens aan die Verenigde Nasies wat op ’n punt die area geadministreer het. Die vyfpuntige ster stel die vyf areas voor waarvandaan die Somaliërs afkomstig is nl.: noordelike Somalië, suidelike Somalië, noordelike Kenia, suidelike Ethiopië en Djiboeti. Die ster is ook ’n simbool van vryheid en die wit stel hoop, vrede en vooruitgang voor.[1]
Ontwerp
wysigDie vlag van Somalië is gebaseer op die vlag van die Verenigde Nasies, die verskil is dat daar ’n ster in die middel van die vlag is. Die vlag is ook soortgelyk aan die vlag van Viëtnam en die Bonnie Blue-vlag.
Kleure
wysigDie kleurskema word hieronder gelys:
Blou | Wit | |
---|---|---|
RGB | 65/137/221 |
255/255/255
|
Heksadesimaal | #4189DD |
#FFFFFF
|
CMYK | 71/38/0/13 |
0/0/0/0
|
Konstruksie
wysigDie vlag van Somalië kan met behulp van die volgende konstruksieplan gereproduseer word:
Ander vlae
wysigVerskeie gebiede van Somalië het hul onafhanklikheid van die sentrale regering verklaar. Somaliland, Jubaland, Suidwes-Somalië, Puntland en die Maakhirstaat gebruik hul eie vlae, terwyl die Noordlandstaat en Galmudug die vlag van Somalië gebruik.
-
Vlag van Italiaans-Somaliland, 1889 tot 1947
-
Vlag van Brits-Somaliland, 1950 tot 1960
-
Vlag van Awdalland
-
Vlag van Azanië, sedert 2011
-
Vlag van Ahlu Sunnah Waljamaca
-
Vlag van Jubaland, 1998 tot 2001
-
Vlag van Jubaland, sedert 2010
-
Vlag van die Maakhirstaat, 2007 tot 2008
-
Vlag van die Maakhirstaat, sedert 2008
-
Vlag van Puntland, sedert 2009
-
Vlag van Suidwes-Somalië, 2002 tot 2006
-
Vlag van Somaliland, 1991 tot 1996
-
Vlag van Somaliland, sedert 1996
-
Vlag van die Somaliese streek in Ethiopië, 1994 tot 2008
-
Vlag van die Somaliese streek in Ethiopië, sedert 2008
-
Vlag van Ogaden in Ethiopië
Soortgelyke vlae
wysig-
Vlag van Viëtnam, sedert 1945
-
Vlag van Stellaland, 1883 tot 1885
-
Vlag van Belgies-Kongo, 1908 tot 1960
-
Konfederale Bonnie Blue-vlag, 1961
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ (en) Greig, Charlotte. The Dictionary of Flags. Grange Books. ISBN 1-84013-758-4
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Vlae van Somalië. |
- (en) Somalië by Flags of the World.
- (en) "Flag of Somalia". Encyclopædia Britannica. Besoek op 15 Mei 2019.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal. |