Walmer
Walmer is 'n groot, oorwegend wit en Engelsprekende voorstad van Port Elizabeth, die grootste stad in die Oos-Kaap, Suid-Afrika.
Walmer | |
---|---|
Koördinate: 33°58′33″S 25°35′9″O / 33.97583°S 25.58583°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Oos-Kaap |
Munisipaliteit | Nelson Mandelabaai |
Hoofplek | Port Elizabeth |
Oppervlak | |
• Totaal | 7,42 km2 (2,86 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 6 792 |
• Digtheid | 915/km2 (2 370/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 81,4% |
• Indiërs/Asiërs | 1,9% |
• Bruin mense | 2,5% |
• Swart mense | 12,6% |
• Ander | 1,7% |
Taal (2011) | |
• Engels | 72,9% |
• Afrikaans | 17,8% |
• Xhosa | 4,9% |
• Ander | 1,8% |
• Suid-Sotho | 0,7% |
Walmer is sowat 2 km suid van die Baai se stadsaal geleë en noord en wes van Port Elizabeth se internasionale lughawe. Dit was van 1899 tot 1965 'n onafhanklike munisipaliteit, toe dit ingelyf is by Port Elizabeth. Om 'n rede wat die bron nie verstrek nie, is dit genoem na Walmer Castle, die setel van die hertog van Wellington in Kent, Engeland.
Vir sensusdoeleindes beslaan Walmer 7,42 km². In 2011 het die inwoners 6 792 getel, van wie meer as 81 persent wit en amper 73 persent Engelssprekend was. Die tweede grootste huistaal was Afrikaans (17,81 persent) en die derde Xhosa (amper 5 persent).[2]
Sien ook
wysigBron
wysig- (en) Raper, Peter Edmund. 2004. New Dictionary of South African Place Names. Johannesburg & Cape Town: Jonathan Ball Publishers.
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Subplek Walmer". Sensus 2011.
- ↑ (en) AdrianFrith.com. URL besoek op 28 Februarie 2016.