Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/11 Junie
11 Junie: Kamehameha Dag in Hawaii
- 1889 – Die eerste Margherita-pizza word volgens oorlewering deur die pizzamaker Peppino Brandi gebak vir die Italiaanse koning Umberto I en sy eggenote, Margherita.
- 1906 – Die Afrikaanse skrywer N.P. van Wyk Louw word op Sutherland in die Kaapkolonie gebore.
- 1955 – Le Mans-ramp: Sewe-en-sewentig mense sterf en ander word beseer toe 'n renmotor van die baan af tol en in die skare vasjaag.
- 2003 – Die naam van die hoofstad van die Limpopoprovinsie, Pietersburg, word amptelik gewysig na Polokwane.
- 2005 – Die Springbokke behaal hul grootste oorwinning ooit, deur Uruguay met 134–3 te klop in Oos-Londen.
- 2010 – Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 skop in Suid-Afrika af.