Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/12 November
12 November: Geboortedag van Baha'u'llah (Baha’i)
- 1927 – Leon Trotsky word uit die Kommunistiese Party verban wat aan Josef Stalin onbetwiste beheer van die Sowjetunie verleen.
- 1929 – Grace Kelly, Amerikaanse aktrise en prinses van Monaco word gebore.
- 1984 – Marokko bedank uit die Organisasie vir Afrika-eenheid as gevolg van die Wes-Sahara-konflik.
- 1990 – Akihito word as 125ste keiser van Japan gekroon.
- 2001 – Taliban-magte verlaat Kaboel, die hoofstad van Afghanistan, voor naderende troepe van die Noordelike Alliansie.