Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/13 Augustus
13 Augustus: Onafhanklikheidsdag in die Sentraal-Afrikaanse Republiek (1960).
- 1521 – Tenochtitlan, die huidige Meksikostad, word deur Spaanse conquistadores verower.
- 1814 – Ná maande van besetting handig Nederland die Kaapkolonie aan die Verenigde Koninkryk oor.
- 1873 – C.J. Langenhoven is op die plaas Hoeko in die distrik Ladismith gebore.
- 1902 – Geboortedag van Felix Wankel, uitvinder van die Wankelenjin.
- 1961 – Die Duitse Demokratiese Republiek begin met die oprigting van die Berlynse Muur om ontsnappings deur die Ystergordyn te keer.