Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/13 Februarie
- 1668 – Spanje erken Portugal as 'n onafhanklike land.
- 1880 – Thomas Edison neem die Edison-effek waar, wat later die grondslag sou vorm van John Ambrose Fleming se vakuumbuisdiodes.
- 1931 – Nieu-Delhi word as die nuwe hoofstad van Brits-Indië deur visekoning Lord Irwin ingewy.
- 1945 – Tweede Wêreldoorlog: Sowjet-magte buit Boedapest in Hongarye van die Nazi's.
- 1984 – Konstantin Tsjernenko volg die ontslape Joeri Andropof op as algemene sekretaris van die Kommunistiese Party van die Sowjetunie.