Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/19 Desember
- 401 – Oorlede: Anastasius I, die 39ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk; hy word deur Innocentius I opgevolg.
- 1792 – Gebore: Andries Hendrik Potgieter, leier van die tweede groot trekgeselskap wat die Kaapkolonie verlaat het.
- 1961 – Die Indiese weermag val die Portugese kolonie Goa in.
- 1984 – Die Volksrepubliek China en die Verenigde Koninkryk teken die Sino-Brits Gesamentlike Verklaring, waarin ooreengekom word om soewereiniteit van Hongkong na China oor te dra op 1 Julie 1997.
- 1998 – Die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers keur beskuldigingsartikels teen president Bill Clinton as gevolg van die Monica Lewinsky-skandaal.