Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/21 Maart
21 Maart: Benito Juárezdag in Meksiko; Menseregtedag in Suid-Afrika; Nouruz in Iran en ander dele van Sentraal-Asië (Baha’i-geloof en Zoroastrisme); Onafhanklikheidsdag in Namibië; Wêreldpoësiedag.
- 1684 – Giovanni Cassini ontdek Dione en Tethis, twee mane van die planeet Saturnus.
- 1800 – Pius VII word as pous gekroon in Venesië met 'n tydelike pouslike tiara uit papier-mâché gefabriseer.
- 1881 – Die Eerste Vryheidsoorlog tussen die Zuid-Afrikaansche Republiek en die Verenigde Koninkryk kom tot 'n einde met die ondertekening van 'n vredesooreenkoms.
- 1960 – Die Formule Een-renjaer Ayrton Senna word in São Paulo, Brasilie, gebore.
- 1990 – Namibië, die voormalige Suidwes-Afrika, verkry sy onafhanklikheid van Suid-Afrika en Sam Nujoma word die eerste president.