Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/22 Julie
22 Julie: Feesdag van Maria Magdalena (Christendom).
- 1848 – In die aanloop na die Slag van Boomplaats word Andries Pretorius tot "rebel" verklaar en 'n losprys van £1 000 word op sy kop geplaas.
- 1946 – 'n Irgunbom vernietig die hoofkantoor van die Britse administrasie van Israel by die King David Hotel in Jerusalem, met 90 sterftes tot gevolg.
- 1967 – Oorlede: Carl Sandburg, Amerikaanse digter en Pulitzerpryswenner.
- 1994 – 'n Gambiese staatsgreep vind in die hoofstad Banjul plaas.
- 1994 – Die laaste stukke van die komeet Shoemaker-Levy 9 tref die planeet Jupiter.
- 2003 – Amerikaanse Gewapende Magte val 'n kamp in Mosoel, Irak, aan en dood Saddam Hoesein se seuns Uday en Qusay.