Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/27 Februarie
27 Februarie: Onafhanklikheidsdag in die Dominikaanse Republiek (1844)
- 1751 – Ryk Tulbagh neem oor as goewerneur van die Kaap.
- 1881 – Eerste Vryheidsoorlog: Die Boere van Transvaal behaal 'n deurslaggewende oorwinning in die Slag van Majuba, die laaste militêre botsing met Groot-Brittanje.
- 1900 – Tweede Vryheidsoorlog: Generaal Piet Cronje gee met 4 000 man oor by Paardeberg en word as krygsgevangene in hegtenis geneem en na Sint Helena gestuur.
- 1933 – Die Reichstag-gebou word, in ’n sleutelgebeurtenis in die vestiging van die Naziregering in Duitsland, aan die brand gesteek.
- 1976 – Die Arabiese Demokratiese Republiek Sahara word uitgeroep in die Marokkaans besette Wes-Sahara.