Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/28 Maart
- 193 – Die pretoriaanse garde voer 'n sluipmoord op die Romeinse keiser Pertinax uit en verkoop die troon in 'n veiling aan Didius Julianus.
- 845 – Wikingstropers, waarskynlik onder leiding van Ragnar Lodbrok, neem Parys in en eis 'n groot losprys.
- 1939 – Magte van die Spaanse Staat, gelei deur generaal Francisco Franco, neem Madrid in en beëindig die Spaanse Burgeroorlog.
- 1979 – 'n Kernreaktor by Three Mile Island naby Harrisburg, Pennsilvanië, ondergaan 'n gedeeltelike smelting.
- 1994 – Die "Shell House"-slagting tussen lede van die Inkatha-Vryheidsparty en ANC-ondersteuners vind in sentraal-Johannesburg plaas, wat lei tot 18 sterftes.