Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/29 Junie
29 Junie: Feesdag van die Heiliges Petrus en Paulus (Westerse Christendom).
- 1613 – Shakespeare se Globe-teater in Londen brand af.
- 1678 – Nadat kommandeur Johan Bax van Herenthals sterf, word Hendrik Crudop aangestel as waarnemende kommandeur van die Kaap de Goede Hoop.
- 1929 – Gebore: Oriana Fallaci, Italiaanse joernalis en skrywer, in Florence.
- 1976 – Die Republiek van die Seychelle word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 1995 – Die Amerikaanse ruimtependeltuig Atlantis koppel vir die eerste keer met die Russiese Mir-ruimtestasie.