Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/7 Maart
7 Maart: Onderwysersdag in Albanië.
- 161 – Marcus Aurelius en Lucius Verus volg Antoninus Pius op en word medekeisers van die Romeinse Ryk.
- 1926 – Die Suid-Afrikaanse filosoof Johan Degenaar word in Ladysmith, Natal, gebore.
- 1926 – Die eerste suksesvolle Trans-Atlantiese radio-telefoongesprek vind plaas tussen New York en Londen.
- 1936 – Duitsland herbeset die gedemilitariseerde Rynland en verbreek daarmee die Verdrag van Versailles en die Locarno-verdrae wat ná die Eerste Wêreldoorlog onderteken is.
- 1950 – Die Sowjetunie reik 'n verklaring uit wat ontken dat die Duitse kernfisikus Klaus Fuchs 'n Sowjet-spioen was.
- 2024 – In reaksie op die Russiese inval in Oekraïne sedert 2022 sluit Swede as 32ste lidland by die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO) aan.