Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/9 Februarie
- 474 – Omdat die sewejarige Leo II as te jonk beskou om te regeer word sy vader Zeno gekroon as mede-keiser van die Bisantynse Ryk.
- 1940 – Die Suid-Afrikaanse skrywer en Nobelpryswenner J.M. Coetzee word in Kaapstad gebore.
- 1943 – Tweede Wêreldoorlog: Die Slag van Guadalcanal in die Salomonseilande eindig, wat aan die Geallieerdes 'n sleuteloorwinning oor die Japannese weermag gee.
- 1963 – Abdul Karim Kassem, 'n Irakse militaris en politikus van gemengde Soennitiese, Sjiïtiese en Koerdiese afkoms, sterf in Bagdad.
- 2003 – Die agtste Krieketwêreldbekertoernooi begin in Suid-Afrika, Kenia en Zimbabwe.
- 2005 – Die fondament vir die Federatsija-wolkekrabber word in Moscow City in Moskou gelê.