1. SV Sleeswyk 06
Volledige naam | 1. Schleswiger Sportverein von 1906 e.V. |
Stigtingsdatum | 4 Februarie 1906 |
Tuisveld | Dr. Karl Alslev Platz, Sleeswyk |
Kapasiteit | 3 500 |
Kompetisie | Oberliga Sleeswyk-Holstein |
1. SV Sleeswyk 06 is 'n sportklub uit Sleeswyk in die deelstaat Sleeswyk-Holstein in Duitsland. Behalwe sokker, het die klub ook afdelings vir onder meer pluimbal, boks, gewigstoot, handbal, judo en wandel.
Die klub is op 4 Februarie 1906 gestig as 1.Schleswiger FV. In 1907 het FC Normannia Schleswig by die klub aangesluit en op 3 Januarie 1929 is die klub herdoop na 1. Schleswiger SV 06. Op 27 Junie 1938 het VfR Schleswig by die klub aangesluit, maar na die Tweede Wêreldoorlog weer weggebreek.
Die klub het in 1937 onsuksesvol aan die uitspeelwedstryde om promosie na die Gauliga Nordmark op die hoogste vlak deelgeneem.
Onlangse ligaposisionering
wysig
|
|
Verwysings
wysig- 100 Jahre Schleswig 06, Sleeswyk, 2006
- Grüne, Hardy (2001). Vereinslexikon. Kassel: AGON Sportverlag ISBN 3-89784-147-9
Eksterne skakels
wysigOberliga Sleeswyk-Holstein 2009/10-seisoen | |
TSV Altenholz – FT Eider Büdelsdorf – Eckernförder SV – SV Eichede - Flensburg 08 – ETSV Weiche Flensburg - Heider SV – Heikendorfer SV – SV Henstedt-Ulzburg – Itzehoer SV - SC Comet Kiel – Holstein Kiel II – |