Oberliga
Die Oberliga is tans die vyfde hoogste vlak van sokker in die Duitse ligastruktuur.
Oberliga | |
2020–21 | |
Sportsoort | Sokker |
---|---|
Eienaar | Duitse sokkerbond |
Deelnemende lande | Duitsland |
Aantal spanne | 14 |
Verwante kompetisies | Regionalliga Landesliga Verbandsliga |
In Oos-Duitsland was "Oberliga" ook die benaming van die hoogste liga en daar word algemeen na hierdie liga verwys as die DDR-Oberliga. Die DDR-Oberliga het verdwyn nadat Duitse sokker verenig is na die eenwording van Duitsland (kyk Duitse sokkerkampioen).
Tans is daar 7 oberligas wat elk 'n aantal verbande op 'n geografiese basis bedien. Die wenner van elke oberliga word gepromoveer na die toepaslike Regionalliga (onderhewig aan die verkryging van 'n lisensie). Die enigste uitsondering is die verbande (streeksbonde) wat vroeër na die Oberliga Noord gepromoveer het. Die wenners van die hierdie oberligas (Neder-Sakse Wes; Neder-Sakse Oos; Hamburg; Bremen; Sleeswyk-Holstein) speel aan die einde van die seisoen 'n reeks uitspeelwedstryde om te bepaal wie promoveer. Spanne aan die onderpunt van die oberligas word weer gerelegeer na die toepaslike verbandsliga (soms het 'n verband se hoogste vlak die benaming Landesliga), terwyl die verbandskampioene promosie na die oberliga kan verkry. Net soos by die ander hoër ligas van Duitsland, moet 'n klub ook om 'n oberligalisensie aansoek doen.
Geskiedenis
wysigNa die Tweede Wêreldoorlog is die Oberliga in 1948 in Wes-Duitsland ingestel as die hoogste vlak van sokker (as die opvolger van die Derde Ryk se Gauligas) en dit het die hoogste vlak gebly tot die instelling van die Bundesliga in 1963. In teenstelling met die DDR, waar daar 'n enkele eerste klas was, was die Wes-Duitse kompetisie in 5 geografiese stapels verdeel. Die wenner van elke stapel (en soms ook die vise-kampioen) het dan aan 'n eindtoernooi om die Duitse titel meegeding, soortgelyk aan die ou Gauliga-stelsel.
Met die invoer van die Bundesliga het die Regionalliga verskyn as die tweede vlak en het die benaming Oberliga vir eers van die toneel verdwyn. Die verskillende streeksbonde (“verbande”) het die laer vlakke op 'n streeksvlak hanteer, meestal met 'n verbandsliga as die streek se topvlak (en dus die derde vlak van die Duitse sokkerstruktuur, op daardie stadium).
In 1974 is die Oberliga die eerste keer weer in Noord-Duitsland ingevoer, maar op die 3de vlak. In die ander streke van Duitsland is die Verbandsliga behou tot 1978 toe daar ook weer oberligas ingestel is. Na die eenwording van Duitsland in 1991 moes die voormalige Oos-Duitse klubs in die stelsel opgeneem word en daarom is die Regionalliga in 1994 ingevoer as die 3e vlak, wat veroorsaak het dat die oberligas die 4e vlak geword het.
Vanaf die 2008/09-seisoen is die 3. Liga ingestel en het die oberligas die 5de vlak van Duitse sokker word. Die Oberliga Noord het verdwyn, wat veroorsaak het dat die voederligas vir die Oberliga Noord (Verbandsliga Sleeswyk-Holstein; Verbandsliga Hamburg; Verbandsliga Neder-Sakse Oos; Verbandsliga Neder-Sakse Wes; Verbandsliga Bremen) nou ook die 5de vlak vorm. Verder het die oberligas Wesfale en Noord-Ryn saamgesmelt om die Oberliga Noord-Rynland-Wesfale te vorm.
Die volgende twaalf Oberligas bestaan tans as die Duitse vyfde vlak:
Noordoos (Nordost)
wysig- Noordoos-Noord (NOFV-Nord):
Oberliga Noordoos-Noord 2010/11-seisoen | |
SV Altlüdersdorf | Berlin AK 07 | Tennis Borussia Berlin | BFC Dynamo | 1. FC Union Berlyn II | Brandenburger SC Suid 05 | Lichterfelder FC | Ludwigsfelder FC | Malchower SV 90 | TSG Neustrelitz | FSV Optik Rathenow | Reinickendorfer Vosse | FC Hansa Rostock II | Germania Schöneiche | Torgelower SV Greif | FC Anker Wismar | |
- Noordoos-Suid (NOFV-Süd):
Oberliga Noordoos-Suid 2010/11-seisoen | |
FC Erzgebirge Aue II | VfB Auerbach | FSV Budissa Bautzen | Chemnitzer FC II | SC Boreas Dresden | Dynamo Dresden II | FC Rooiwit Erfurt II | FSV Wacker 03 Gotha | VfB Germania Halberstadt | VfL Halle 1896 | |
Noord-Rynland-Wesfale (Nordrhein-Westfalen)
wysigOberliga Noord-Rynland-Wesfale 2010/11-seisoen | |
Alemannia Aken II | SSG 09 Bergisch Gladbach | Bonner SC | MSV Duisburg II | SpVgg Erkenschwick | SC Rooiwit Essen | Swartwit Essen | SC 04 Westfalia Herne | VfB Homberg | 1. FC Kleve | SC Fortuna Keulen | |
Hesse (Hessen)
wysigOberliga Hesse 2010/11-seisoen | |
FC Beiere Alzenau – KSV Baunatal – SKV Rooiwit Darmstadt – 1. FC Eschborn – FSV 1926 Fernwald – SV Buchonia Flieden – 1. FCA 04 Darmstadt – SG Roowit Frankfurt – Hünfelder SV – VfB Marburg – 1. FC Schwalmstadt – Kickers Offenbach II – TSV Eintracht Stadtallendorf – FC Viktoria 09 Urberach – OSC Vellmar – SC Waldgirmes – Eintracht Wetzlar – RSV Würges |
Suidwes (Südwest)
wysigOberliga Suidwes 2010/11-seisoen | |
SV Auersmacher – SG Bad Breisig – SG 06 Betzdorf – SV Elversberg II – Eisbachtaler Sportfreunde – SV Gonsenheim – SV Rooiwit Hasborn-Dautweiler – SC Hauenstein – SC 07 Idar-Oberstein – SF Köllerbach – TuS Mechtersheim - |
Baden-Württemberg
wysigOberliga Baden-Württemberg 2010/11-seisoen | |
Bahlinger SC|
TSG Balingen|
ASV Durlach|
SGV Freiberg|
FSV Hollenbach|
FV Illertissen|
Kehler FV|
VfL Kirchheim|
SV Linx|
SV Waldhof Mannheim|
SpVgg Neckarelz|
VfB Neckarrems|
FC Nöttingen| |
Neder-Sakse (Niedersachsen)
wysigOberliga Neder-Sakse 2010/11-seisoen | |
BV Cloppenburg | SV Drochtersen/Assel | BSV Kickers Emden | Goslarer SC 08 | SV Arminia Hannover | TuS Heeslingen | VfV Borussia 06 Hildesheim | SC Langenhagen | FC Hansa Lüneburg | SV Meppen | Eintracht Nordhorn | FC Eintracht Northeim | VfB Oldenburg | VfL Osnabrück II | VSK Osterholz-Scharmbeck | TSV Ottersberg | SV Ramlingen-Ehlershausen | BSV Swartwit Rehden | TuS Güldenstern Stade | SV Teutonia Uelzen |
Hamburg
wysigOberliga Hamburg 2010/11-seisoen | |
Altona 93 – HSV Barmbek-Uhlenhorst – ASV Bergedorf 85 – Bramfelder SV – TSV Buchholz 08 – SV Curslack-Neuengamme – SC Concordia Hamburg – SC Condor – SC Victoria Hamburg – USC Paloma Hamburg – Meiendorfer SV – |
Sleeswyk-Holstein (Schleswig-Holstein)
wysigOberliga Sleeswyk-Holstein 2010/11-seisoen | |
TSV Bordesholm – FT Eider Büdelsdorf – Eckernförder SV – SV Eichede – Flensburg 08 – ETSV Weiche Flensburg – Heider SV – Heikendorfer SV – SV Henstedt-Ulzburg – Holstein Kiel II – TSV Klausdorf – TSV Kropp – VfB Lübeck II – |
Bremen
wysigOberliga Bremen 2010/11-seisoen | |
Blumenthaler SV – VfL 07 Bremen – SV Werder Bremen III – SV Türkspor Bremen-Noord – Bremer SV – FC Bremerhaven – OSC Bremerhaven – Brinkumer SV – 1. FC Burg – Habenhauser FV – TSV Blouwit Melchiorshausen – FC Oberneuland II – TuS Schwachhausen – SG Aumund Vegesack – SC Weyhe – TSV Wulsdorf |
Beiere (Bayern)
wysigOberliga Beiere 2010/11-seisoen | |
TSV Aindling – 1. FC Eintracht Bamberg – SpVgg Bayreuth – TSV Buchbach – FSV Erlangen-Bruck – TSV Großbardorf – SV Heimstetten – SpVgg Beiere Hof – FC Ingolstadt 04 II – FC Ismaning – TSV 1896 Rain - |
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Oberliga. |