SV Curslack-Neuengamme
Volledige naam | Spielverein Curslack - Neuengamme von 1919 e.V. |
Stigtingsdatum | 12 Oktober 1919 |
Tuisveld | Sportplatz Gramkowweg, Hamburg |
Kapasiteit | 2 000 |
Kompetisie | Oberliga Hamburg |
SV Curslack-Neuengamme is 'n sportklub uit die stadstaat Hamburg in Duitsland. Behalwe sokker het die klub ook onder meer afdelings vir capoeira, joga, qigong, ju-jutsu, pilates, tennis, tafeltennis, gimnastiek en pluimbal. Curslack en Neuengamme is twee aangrensende stadsdele van Hamburg.
Die klub is op 12 Oktober 1919 gestig in die restaurant Gasthof von Ernst Wulff. Die klub se sokkerafdeling het na die Tweede Wêreldoorlog kortstondig met SV Altengamme se sokkerafdeling saamgesmelt, maar teen 1947 is die samesmelting weer ontbind. In 1988 het die sokkerafdeling weer met die sokkerafdeling van TSV Kirchwerder saamgesmelt onder die naam FSG Vierlande, maar in 1991 is die samesmelting ongedaan gemaak en het die sokkerspanne weer met die moederklubs verenig.
Die klub speel sedert sy stigting in die laer stadsligas van Hamburg, maar toon die afgelope jare 'n opwaartse kurwe en het in 2006 na die verbandsliga op die vyfde vlak van die Duitse sokkerstruktuur gepromoveer.
Onlangse ligaposisionering
wysig
|
|
Eksterne skakels
wysig- Amptelike klubwerf Geargiveer 6 Januarie 2010 op Wayback Machine
Oberliga Hamburg 2009/10-seisoen | |
Altona 93 - HSV Barmbek-Uhlenhorst – ASV Bergedorf 85 – TSV Buchholz 08 – |