Niendorfer TSV
Volledige naam | Niendorfer Turn- und Sportverein von 1919 e.V. |
Stigtingsdatum | 13 Julie 1919 |
Tuisveld | Sportanlage Sachsenweg, Hamburg |
Kapasiteit | 3 500 |
Kompetisie | Oberliga Hamburg |
Niendorfer TSV is 'n sportklub uit die stadstaat Hamburg in Duitsland. Behalwe sokker, het die klub ook afdelings vir onder meer pluimbal, bofbal, sagtebal, basketbal, handbal, judo, ju-jutsu, karate, amateurtoneel, atletiek, prelbal, skaak, swem, dans, tafeltennis, tennis, gimnastiek en vlugbal. Niendorf is 'n stadsdeel van Hamburg wat tot 1927 'n onafhanklike dorp was.
Die klub is op 13 Julie 1919 gestig as die jeugvereniging van 'n opvoedkundige organisasie. Die klub was in sy vroeë jare 'n suiwer gimnastiekklub totdat die sokker-en handbalafdelings in die 1936/37-seisoen op die been gebring is. Die klub het sy eie tydskrif, DER NIENDORFER, wat tien keer 'n jaar met 'n oplaag van 2 500 verskyn.
Die sokkerafdeling ding tradisioneel in die laer ligas van Hamburg mee en die grootste onlangse prestasie was om sedert 2004 in die Verbandsliga (nou Oberliga) Hamburg mee te ding.
Onlangse ligaposisionering
wysig
|
|
Eksterne skakels
wysigOberliga Hamburg 2009/10-seisoen | |
Altona 93 - HSV Barmbek-Uhlenhorst – ASV Bergedorf 85 – TSV Buchholz 08 – |