SC Concordia Hamburg
Volledige naam | Sport Club Concordia von 1907 e.V. |
Stigtingsdatum | 9 Mei 1907 |
Tuisveld | Marienthal-stadion, Hamburg |
Kapasiteit | 8 000 |
Kompetisie | Oberliga Hamburg |
SC Concordia Hamburg is 'n sportklub uit die stadstaat Hamburg in Duitsland. Behalwe sokker het die klub ook afdelings vir judo, karate, jiu jutsu, gimnastiek, tennis, tafeltennis en skaak.
Die klub is op 9 Mei 1907 gestig as 'n fietspolo-klub met die naam SC Concordia Wandsbeck. In 1923 is daar met die klub Germania saamgesmelt en in 1937 is die huidige naam aangeneem.
Die klub het tussen 1939 en 1941 in die Gauliga Nordmark meegeding op die hoogste vlak. Gedurende die 1950’s het die klub ook verskeie seisoene in die Oberliga Noord op die hoogste vlak deurgebring en was op hierdie vlak sedert die laat 1950’s tot met die stigting van die Bundesliga in 1963.
Die klub se beste vertoning in die DFB-Pokal was in 1953, toe die kwarteindstryd gehaal is, waar die klub met 2-1 deur SV Waldhof Mannheim verslaan is.
Onlangse ligaposisionering
wysig
|
|
Eksterne skakels
wysigOberliga Hamburg 2009/10-seisoen | |
Altona 93 - HSV Barmbek-Uhlenhorst – ASV Bergedorf 85 – TSV Buchholz 08 – |