FC Viktoria 09 Urberach
Volledige naam | Fußball-Klub Viktoria 09 Urberach e.V. |
Stigtingsdatum | 24 Desember 1909 |
Tuisveld | Viktoria-Sportplatz, Rödermark |
Kapasiteit | 2 000 |
Kompetisie | Oberliga Hesse |
FC Viktoria 09 Urberach is 'n sportklub in Rödermark in die deelstaat Hesse in Duitsland, veral bekend vir sy sokkerafdeling. Urberach is 'n stadswyk van Rödermark wat tot in 1977 'n onafhanklike dorp was. Naas sokker het die klub ook afdelings vir tennis en dames-gimnastiek.
Die klub is op 24 Desember 1909 gestig, maar het eers in 1914 aan amptelike kompetisies begin deelneem. In 1930 het die klub sy hoogtepunt bereik toe hulle na die Bezirksliga Main-Hessen gepromoveer is, die hoogste vlak van die destydse Duitse sokkerstruktuur, waar daar met klubs soos FSV Mainz 05 en Wormatia Worms meegeding is. Viktoria het op die hoogste vlak bly meeding tot in 1933, maar kon nie die nuwe Gauliga Südwest/Mainhessen haal met die instelling daarvan nie.
Die klub het sy grootste prestasie in 1958 behaal toe hulle die Hessen Pokal (Hesse-uitklopbeker) ingepalm het.
Onlangse ligaposisionering
wysig
|
|
Eksterne skakels
wysigOberliga Hesse 2008/09-seisoen | |
FC Beiere Alzenau - 1. FC Eschborn - KSV Baunatal - Hünfelder SV - KSV Hessen Kassel II - |