Flensburg 08
Volledige naam | Flensburger Sportvereinigung von 1908 e.V. |
Stigtingsdatum | 15 April 1908 |
Tuisveld | Flensburger Stadion, Flensburg |
Kapasiteit | 12 000 |
Kompetisie | Oberliga Sleeswyk-Holstein |
Flensburg 08 is 'n sportklub uit Flensburg in die deelstaat Sleeswyk-Holstein in Duitsland. Behalwe sokker, het die klub ook afdelings vir tennis en swem.
Die klub is op 15 April 1908 in die restaurant “Kaiserhof” gestig as Flensburger Fußball-Club von 1908. In 1925 is daar met Sportfreunde Verein Deutscher Geher Flensburg saamgesmelt om SV Eintracht Flensburg te vorm. In 1935 was daar 'n verdere samesmelting met VfL Nordmark Flensburg om die huidige klub tot stand te bring.
Die klub het sy grootste prestasie in 1957 behaal toe hy die Sleeswyk-Holstein uitklopbeker gewen het. Ongelukkig het die oorwinning nog nie in daardie jare outomaties toegang tot die hoofrondtes van die DFB-Pokal gegee nie.
Onlangse ligaposisionering
wysig
|
|
Eksterne skakels
wysig- Amptelike klubwerf Geargiveer 14 Februarie 2010 op Wayback Machine
- The Abseits Guide to German Soccer
Oberliga Sleeswyk-Holstein 2009/10-seisoen | |
TSV Altenholz – FT Eider Büdelsdorf – Eckernförder SV – SV Eichede - Flensburg 08 – ETSV Weiche Flensburg - Heider SV – Heikendorfer SV – SV Henstedt-Ulzburg – Itzehoer SV - SC Comet Kiel – Holstein Kiel II – |