VfL Kirchheim
Volledige naam | Verein für Leibesübungen Kirchheim unter Teck von 1946 e.V. |
Stigtingsdatum | 6 Julie 1881 |
Tuisveld | Stadion an der Jesinger Allee, Kirchheim unter Teck |
Kapasiteit | 10 000 |
Kompetisie | Oberliga Baden-Württemberg |
VfL Kirchheim is 'n sportklub uit Kirchheim unter Teck in die deelstaat Baden-Württemberg in Duitsland, veral bekend vir sy sokkerafdeling. Behalwe sokker, het die klub nog 17 ander afdelings, onder andere vir atletiek, swem, ski, kegelbal, karate, tafeltennis, gimnastiek, pluimbal, handbal, tennis en stoei.
Die klub het op 6 Julie 1881 ontstaan as die gimnastiekklub Turnverein 1861 Kirchheim. Die sokkerafdeling het in 1911 onafhanklik geword as VfB Kirchheim. Op 20 Mei 1933 is daar weer met die moederklub (op daardie stadium bekend as TSV 1861 Kirchheim nadat daar met TB 1888 Kirchheim 1922 saamgesmelt is) saamgesmelt om Turn- und Sportvereinigung Kirchheim te vorm. Die vereniging het egter weer uitmekaar gespat op 26 Februarie 1935, maar in 1945 het die klubs weer saamgesmelt as VfL Kirchheim.
In 1941 het die klub aan die uitspeelwedstryde om promosie na die Gauliga Württemberg deelgeneem, maar was onsuksesvol. Kirchheim het in 2003 as Württembergse uitklopbekerkampioen aan die eerste rondte van die DFB-Pokal deelgeneem, maar is deur Hannover 96 uitgeskakel.
Onlangse ligaposisionering
wysig
|
|
Eksterne skakels
wysigVerwysings
wysig- Grüne, Hardy (2001). Vereinslexikon. Kassel: AGON Sportverlag ISBN 3-89784-147-9