13de eeu v.C.
eeu
Gebeure
wysig- 1292 v.C.: Einde van die 18de Dinastie van Egipte en die begin van die 19de Dinastie.
- 1282 v.C.: Pandion II, die legendariese koning van Athene, sterf ná ’n bewind van 25 jaar.
- 1279 v.C. (31 Mei): Ramses II begin regeer in Antieke Egipte.
- 1274 v.C.: Die Slag van Kadesj in Sirië.
- 1269 v.C.: Die Egiptenare en Hetiete onderteken die eerste bekende vredesverdrag ná die Slag van Kadesj.
- 1251 v.C. (7 September): ’n Sonsverduistering dui die beweerde geboorte aan van die mitiese Herakles (Hercules) in Thebe, Griekeland.
- 1250 tot 1192 v.C.: Wu Ding is die koning van die Shang-dinastie in China.
- 1213 v.C.: Theseus, die legendariese koning van Athene, word afgesit en opgevolg deur Menestheus.
- 1212 v.C.: Die Egiptiese farao Ramses II sterf.
- 1207 v.C.: Farao Merneptah behaal ’n oorwinning teen Israel.
- Omstreeks 1206 v.C.: Die begin van die einde van die Bronstydperk. ’n Tyd van migrasie, onrus en verwoesting in die oostelike deel van die Mediterreense gebied en Nabye-Ooste.
- 1204 v.C.: Theseus van Athene word ná ’n bewind van 30 jaar afgesit en opgevolg deur Menestheus.
- Omstreeks 1200 v.C.: Strydwaens maak hul verskyning in Antieke China.
- Omstreeks 1200 v.C.: Die begin van die Ystertydperk in die Nabye-Ooste, oostelike Mediterreense gebied en Indië.
- Omstreeks 1200 v.C.: Die verval van die Hetiete se mag in Anatolië ná die vernietiging van hul hoofstad.