Alba Bouwerprys vir Kinderliteratuur
Die Alba Bouwerprys vir Kinderliteratuur is ’n letterkundige prys wat sedert 1989 driejaarliks deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns toegeken word aan die beste van die Afrikaanse letterkundige werk in die kategorie kinderliteratuur – dit wil sê die groep lesers vanaf sewe tot twaalf jaar – wat in die vorige drie kalenderjare gepubliseer is. Die Akademie hou die reg voor om geen wenners aan te wys nie. Wanneer ’n vertaalde werk en ’n oorspronklike werk van gelykstaande gehalte is, word voorkeur aan die oorspronklike werk verleen, maar wanneer twee of meer oorspronklike werk as gelykstaande beskou word, kan daar meer as een wenner in ’n jaar wees. Dieselfde skrywer mag die prys meer as een keer ontvang.
Die prys is vernoem na die Suid-Afrikaanse kinderboekskryfster Alba Bouwer.
Lys van wenners
wysig- 1989 – Freda Linde (Strepie en Kurfie)
- 1992 – Barrie Hough (Droomwa); Marietjie de Jongh (Braam en die engel)
- 1995 – Corlia Fourie (Die towersak en ander stories en Die wit vlinder)
- 1998 – Philip de Vos (Moenie ’n mielie kielie nie)
- 2001 – Martie Preller (Die Balkieboek)
- 2004 – Leon de Villiers (Droomoog Diepgrawer)
- 2007 – Jaco Jacobs (Wurms met tamatiesous en ander rympies)
- 2010 – Linda Rode ((In die Nimmer-Immer-bos) [1][2]
- 2013 – Elizabeth Wasserman (Anna Atoom-reeks)[3]
- 2016 – Kobus Geldenhuys (Hoekom die walvisse gekom het)[4]
- 2019 – Jaco Jacobs (Moenie hierdie boek eet nie! geïllustreer deur Zinelda McDonald)[5]
- 2022 – Jaco Jacobs (Die boekwinkel tussen die wolke)[6]
Bron
wysigVerwerk vanaf akademie.co.za Geargiveer 11 Desember 2008 op Wayback Machine.
Verwysings
wysig- ↑ "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Junie 2008. Besoek op 9 Augustus 2010.
- ↑ "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 September 2007. Besoek op 9 Augustus 2010.
- ↑ "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Oktober 2014. Besoek op 8 Julie 2015.
- ↑ "Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns: Bekronings 2016" (html). Litnet. 31 Maart 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 1 April 2016.
- ↑ Prinsloo, Dionē (12 April 2019). "Mediaverklaring" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (pdf) op 1 Mei 2019. Besoek op 20 Mei 2019.
- ↑ https://maroelamedia.co.za/goeiegoed/goeie-nuus/naude-wen-hertzogprys-met-dol-heuning/