Aloe bowiea
plantspesie
Aloe bowiea is 'n aalwyn, ook een van die bolaalwyne, wat endemies is in die Oos-Kaap naby Port Elizabeth en Kariega. Die plant is klein en word slegs 14 cm groot. Die plant is weinig alleenstaande, maar vorm eerder matte tot 5 m in deursnee. Die blomme is klein en is groenbruin van kleur. Die plant blom normaalweg van November tot Januarie. Die wortels is geswel in die middel en spitslopend na weerskante. Die groot groepe bolle en klein groenbruin blomme met hul buitengewone vorm onderskei die spesie.
Aloe bowiea | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Subkoninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Genus: | |
Spesie: | A. bowiea
|
Binomiale naam | |
Aloe bowiea Schult. & J.H.Schult., 1829
| |
Sinonieme | |
|
Die plant is vernoem na James Bowie, 'n vroeë plantversamelaar en kweek maklik.
Sien ook
wysigBronne
wysig- SANBI Redlist
- Gids tot die Aalwyne van Suid-Afrika, Ben-Erik van Wyk & Gideon F. Smith, Briza Publikasies, 2014, ISBN 978-1-920217-39-6
- Jstor