Amsterdam, Mpumalanga
Amsterdam is 'n klein skaapboerdery-dorpie in Mpumalanga, Suid-Afrika. Die dorp is sowat 16 km van die grens met eSwatini. Die grenspos word Nerston genoem.
Amsterdam | |
---|---|
Koördinate: 26°37′S 30°39′O / 26.617°S 30.650°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Mpumalanga |
Distrik | Gert Sibande |
Munisipaliteit | Mkhondo |
Stigting | 1864 |
Oppervlak | |
• Totaal | 8,13 km2 (3,14 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 6 769 |
• Digtheid | 833/km2 (2 160/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 7.4% |
• Indiërs/Asiërs | 0.4% |
• Bruin mense | 0.8% |
• Swart mense | 90.4% |
• Ander | 0.9% |
Taal (2011) | |
• Zoeloe | 78.6% |
• Afrikaans | 8.0% |
• Swazi | 6.2% |
• Engels | 2.1% |
• Ander | 5.1% |
Poskode (strate) | 2375 |
Poskode (posbusse) | geen |
Skakelkode | 017 |
- Hierdie artikel handel oor die dorp in Suid-Afrika. Sien Amsterdam vir die artikel oor die Nederlandse hoofstad.
Geskiedenis
wysigDie gebied is in 1864 deur 'n Skot, Alexander McCorkindale, as 'n republiek gestig en New Scotland genoem. Die hoofstad Roburnia wat in 1881 gestig is, is vernoem na die Skotse digter Robert Burns.
Omtrent 50 Skotse setlaars wat hulle in die gebied gevestig het, het wat aanleiding gegee het tot Skotse plaasname soos Lochiel, Waverley en Bonny Brae. McCorkindale het aan koors omgekom terwyl hy besig was met die beplanning van 'n hawe vir Lourenço Marques in Mosambiek. Die enigste herinnering aan McCorkindale is die naam van die dorpsplein wat na hom genoem is. In 1882 is Roburnia deur Paul Kruger hernoem na Amsterdam in Nederland.
Distrik
wysigDaar is ook groot bloekom-, denne- en wattelpantasies in die omgewing.
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Amsterdam". Sensus 2011.