Australië (kontinent)
kontinent in die Aarde se Suidelike halfrond
(Aangestuur vanaf Australiese kontinent)
Australië
Oppervlakte | 8 600 000 km² |
---|---|
Bevolking | 36 000 000 |
Bevolkingsdigtheid | 4,2 inwoners/km² |
Lande | 3 (Australië, Papoea-Nieu-Guinee en dele van Indonesië) |
Tale | Engels, Indonesies, Tok Pisin en Hiri Motu |
Tydsones | UTC+10, UTC+9.30, UTC+8 |
Grootste stede | 1. Sydney 2. Melbourne 3. Brisbane 4. Perth 5. Adelaide |
Australië is 'n kontinent in die Suidelike halfrond. Die kontinent lê tussen die Indiese Oseaan (wes) en die Stille Oseaan (oos). Die kontinent bestaan uit die land Australië en die eilande Tasmanië en Nieu-Guinee. Soms word ook die eilandnasies in die Stille Oseaan as deel van die kontinent Australië beskou, veral Australië se politiese en kulturele buurland Nieu-Seeland. Hierdie gebied word dikwels ook die kontinent Oseanië genoem. Die kontinent se voormalige naam was Nieuw-Holland, vernoem ná die Nederlandse provinsie Holland soos ook Nieu-Seeland ná Zeeland vernoem is. Veral in Europa word die gebied as die vyfde kontinent beskou.